2016
Aksies Wat Na Geluk Lei
Januarie 2016


Jeug

Aksies Wat Na Geluk Lei

President Eyrng leer ons dat “die geluk wat ons vir ons geliefdes wil hê afhang van hulle keuses.”

Jy kan lees oor die effekte wat keuses kan hê van die voorbeelde van Nefi, Laman en Lemuel. Laman en Lemuel het gemurmureer en wou nie die gebooie onderhou nie (sien 1 Nefi 2:12). As gevolg daarvan was hulle en hul afstammelinge vervloek en van die Here se teenwoordigheid afgesny (sien 2 Nefi 5:20–24). Nefi het gekies om die gebooie te onderhou (sien 1 Nephi 3:7), en daarom het hy en sy mense “geleef volgens die wyse van geluk” (2 Nefi 5:27).

Jy kan kies om regverdig en gelukkig te wees. Maar die mense rondom jou sal sekerlik nogsteeds swak keuses maak wat na ongeluk en ongemaklikheid lei. Terwyl daardie besluite hulle sʼn is om te maak, kan jou voorbeeld hul keuses tot goede beïnvloed. Hoe kan jou keuses ander geluk bring? Bespreek met jou familie verskillende maniere hoe jy diegene rondom jou positief kan beïnvloed en hulle kan help om geluk te voel.