2016
Die Familie: ʼn Proklamasie aan die Wêreld
Januarie 2016


Vroue Besoek Boodskap, Januarie 2016

Die Familie: ʼn Proklamasie aan die Wêreld

Bestudeer hierdie materiaal biddend en vra om te weet wat om te deel. Hoe sal ʼn begrip van die leër van die familie diegene seën oor wie jy as vroue besoeker, waak? Vir meer inligting gaan na reliefsociety.lds.org.

Geloof, Familie, Verligting

Van die algemene Verligtings Vereniging se vergadering in 1995, toe President Gordon B. Hincley (1910–2008) “Die Familie: ‘n Proklamasie aan die Wereld,” vir die eerste keer gelees het. Bonnie L. Oscarson, Jong Vroue algemene president, het gesê: “Ons was dankbaar vir en het die duidelikheid, eenvoudigheid en waarheid van hierdie openbarende dokument gewaardeer. … Die proklamasie oor die familie het ons maatstaf vir die beoordeling van die filosofieë van die wêreld geword, en ek getuig dat die beginsels wat uiteengesit is … so waar is vandag as toe hulle vir ons gegee is deur ʼn profeet van God amper 20 jaar gelede.”1

“Van die familie proklamasie,” Carole M. Stephens, die eerste raadslid in die Verligtings Vereiniging voeg by, “leer ons dat in die voordoodse ryk het geestelike seuns en dogters God as hul Ewige Vader geken en aanbid’2

“… Elkeen van ons behoort aan en is noodsaaklik in die familie van God.”3

Ons leef in n tyd waar ouers hul tuiste en families moet beskerm. “Die Familie: ʼn Proklamasie aan die Wêreld” kan ons lei.

Addisionele Skrifgedeeltes

Mosia 8:16-17; Leer en Verbonde 1:38

Lewende Stories

“Lee Mei Chen Ho van die Tao Yuan Derde Tak, Tao Yuan Taiwan Wyk, het gesê die proklamasie het haar geleer dat familie verhoudings help om godddelike eienskappe soos geloof, geduld, en liefde te ontwikkel. ‘Wanneer ek probeer om myself volgens die proklimasie te verbeter, kan ek ware geluk ondervind,’ het sy gesê.”4

Barbara Thompson, wie teenwoordig was toe die proklamasie vir die eerste keer gelees is en later as ʼn raadgewer in die algemene Verligting Vereeniging presidensie gedien het, het gesê: Ek het vir ʼn oomblik gedink dat [ die familie proklomasie] nie regtig te veel betrekking tot myself het nie aangesien ek nie getroud of geen kinders gehad het nie. Maar amper net so vinnig het ek gedink, ‘Maar dit het betrekking op my. Ek is ʼn lid van ʼn familie. Ek is ʼn dogter, ʼn sister, ʼn tannie, ʼn niggie en ʼn kleindogter. … Al was ek die enigste lewende lid van my familie, is ek nogsteeds ʼn lid van God se familie.’”5

Notas

  1. Bonnie L. Oscarson, “Verdedigers van die Familie Proklamasie,” Liahona, Mei, 2015, 14–15.

  2. “Die Familie: ʼn Proklamasie aan die Wêreld,” Liahona, Nov. 2010, 129.

  3. Carole M. Stephens, “Die Familie is van God,” Liahona Mei 2015, 11.

  4. Nicole Seymour, “‘Die Familie: ʼn Proklamasie aan die Wêreld’ bereik die 10-Jaar Mylpaal, Liahona, Nov. 2005, 127.

  5. Barbara Thompson, in Dogters in My Koninkryk: Die Geskiedenis en Werk van die Verligtings Vereniging (2011), 148.

Ter Oorweeging

Hoe is “ Die familie; ʼn Proklamasie aan die Wêreld” ‘n dokument vir ons tye?