2016
die-vriendelikheid-uitdaging
Januarie 2016


Kinders

Die Vriendlikheid Uitdaging

Toe Jesus die mense in die Amerikas besoek het, het Hy hulle geleer om mekaar lief te hê en om vriendelik te wees. Wat kan jy doen om Jesus te volg en ander lief te hê? Hier is ʼn paar voorstellle. Merk elkeen van die uitdagings af soos jy aangaan.

  • □ Ek kan iemand wat hartseer is ʼn drukkie gee.

  • □ Ek kan iemand in die geheim bedien.

  • □ Ek kan ʼn konferensie praatjie oor vriendlikheid lees of kyk.

  • □ Ek kan ʼn primere liedjie vir my familie sing.

  • □ Ek kan vir iemand glimlag wat eensaam lyk.

  • □ Ek kan _________________________________________.

  • □ Ek kan _________________________________________.