2016
Ons Vader, ons Mentor
Junie 2016


Eerste Presidentskap Boodskap, Junie 2016

Ons Vader, Ons Mentor

Het jy al ooit ’n boks parte oopgemaak, die instruksie blad uitgetrek en gedink, “Dit maak geen sin nie”?

Soms, ten spyte van ons beste intensies en innerlike konflik, haal ons ’n part uit en vra, “Waarvoor is dit?” of “Hoe pas hierdie deel in?”

Ons frustrasie groei, wanneer ons in die boks kyk en ’n afwysing sien wat sê, “Aanmekaar sit, benodig - ouderdom 8 en op.” Omdat ons steeds geen idee het hoe om dit aan mekaar te sit nie, bevorder dit beslis nie ons self vertroue of ons self respek nie.

Ons het soms ’n soortgelyke ondervinding met die evangelie. Soos wat ons na sekere dele daarvan kyk, mag ons dalk ons koppe krap en wonder waarvoor daardie deel is. Of soos ons ’n ander deel ontleed, mag ons dalk vind dat ons, ten spyte van ons beste pogings, steeds nie kan verstaan hoekom daardie deel ingesluit is nie.

Ons Hemelse Vader Is Ons Mentor

Gelukkig het ons Hemelse Vader vir ons wonderlike instruksies gelaat, om ons lewens te struktureer en ons beste ‘self’, op te bou. Hierdie instruksies werk, ongeag ons ouderdom of omstandighede. Hy het aan ons, die evangelie en die Kerk van Jesus Christus, gegee. Hy het aan ons die plan van verlossing, die plan van saligheid, selfs die plan van geluk, gegee. Hy het ons nie alleen gelaat, met al die onsekerheid of uitdaagings van die lewe, en slegs gesê, “Hier, gaan voort. Voorspoed. Werk dit maar self uit.” nie.

Indien ons net geduldig sou wees en met ’n nederige hart en ’n ope verstand, sou kyk, sou ons sien dat God ons reeds al die “gereedskap” gegee het, om Sy alomvattende instruksies te verstaan, vir ons geluk in die lewe.

  • Hy het aan ons die pryslose gawe van die Heilige Gees gegee, wie die potentiaal het om ons persoonlike, hemelse leermeester te wees, soos ons die woord van God studeer, en probeer om ons gedagtes en dade in lyn te bring, met Sy woord.

  • Hy het aan ons 24/7 toegang tot Hom gegee, deur ons gebede van geloof en opregte smeking.

  • Hy het aan ons, hedendaagse apostels en profete gegee, wie in ons dag, die woord van God aan ons openbaar, en wie die gesag het om op die aarde en in die hemel, te bind of te verseël.

  • Hy het Sy Kerk gerestoureer - ’n organisasie van gelowiges, wie saam werk om mekaar te help om hulle eie saligheid uit te werk, met vrees en bewing en onmeetbare blydskap.1

  • Hy het aan ons gegee, die heilige geskrifte - Sy geskrewe woord aan ons.

  • Hy het aan ons ’n verskeidenheid moderne tegnologie gegee, om ons op ons pad van dissipelskap te help. Baie van hierdie wonderlike instrumente, kan gevind word op LDS.org.

Hoekom het ons Hemelse Vader ons so baie hulpmiddels gegee? Omdat Hy ons lief het. En omdat hy van Homself gesê het, “Dit is My werk en My heerlikheid - om die onsterflikheid en ewige lewe van die mens teweeg te bring.”2

Met ander woorde, Hemelse Vader is ons God, en God is ons mentor.

Ons Vader in die Hemel, ken Sy kinders se belange, beter as enige persoon. Dit is Sy werk en Sy heerlikheid, om ons by elke draai te help, en aan ons wonderlike geestelike en tydelike gawes te gee om ons op ons pad terug na Hom toe, te help.

Elke Vader Is ’n Mentor

In sommige dele van die wêreld, word vaders in die maand van Junie, deur hulle families en gemeenskappe, geëer. Dit is altyd goed om ons ouers te eer en te respekteer. Vaders doen baie goeie dinge vir hulle families, en het baie eerbare eienskappe. Twee van die mees belangrikste rolle wat vaders kan speel, in die lewe van hulle kinders, is om ’n goeie voorbeeld te wees en om ’n mentor te wees. Vaders doen meer as om net hulle kinders te leer wat is reg en wat is verkeerd; hulle doen baie meer, as om net ’n handleiding vir hulle te gooi en dan te verwag dat hulle die lewe maar vir hulleself sal uitsorteer.

Vaders mentor hulle kosbare kinders, en wys deur hulle goeie voorbeeld, hoe ’n eerlike lewe geleef moet word. Vaders laat nie hulle kinders alleen nie, maar kom tot hulle redding en help hulle weer terug op hulle voete, wanneer hulle struikel. En soms wanneer wysheid dit vereis, mag vaders toelaat dat hulle kinders self sukkel, in die wete dat dit dalk die beste manier is vir hulle om die les te leer.

Ons Is Almal Mentors

Terwyl aardse vaders dit vir hulle eie kinders doen, is die gees van mentorskap iets wat ons aan al God se kinders moet offer, ten spyte van ouderdom, plek of omstandighede. Onthou, God se kinders is ons broers en susters; ons is almal deel van dieselfde ewige familie.

In hierdie opsig, laat ons almal mentors wees - angstig om uit te reik en mekaar te help om ons beste ‘self’ te word. Omdat ons God se kinders is, het ons die potentiaal om soos Hy te word. Om God en ons medemens lief te hê, God se gebooie te onderhou en Christus se voorbeeld te volg, is die reguit, smal en vreugdevolle pad, terug na die teenwoordigheid van ons hemelse ouers toe.

Indien die God van die heelal so baie vir ons omgee, dat Hy ’n mentor vir ons is, kan ons dalk ook na ons medemens uitreik, ten spyte van kleur, ras, sosio-ekonomiese omstandighede, taal of geloof… Laat ons inspirerende mentors word en die lewens van andere seën - nie net ons eie kinders nie, maar al God se kinders, dwarsoor die wêreld.

Onderrig uit Hierdie Boodskap

Jy mag dalk wil begin deur diegene wie jy leer te vra, of hulle aan ’n tyd kan dink, waar Hemelse Vader hulle gementor het. Jy kan hulle dan vra om te dink aan die gelykkenis van daardie oomblik, en ’n oomblik waar hulle deur hulle aardse vader gementor is. Vra hulle om die gelykkenisse in hoe hulle gementor is, neer te skryf. Jy kan hulle dan uitdaag om die dinge wat hulle neergeskryf het, na te boots, in ’n poging om ’n better voorbeeld aan andere te wees.