2016
Tempel Ordinansies en Verbonde
Junie 2016


Vroue Besoek Boodskap, Junie 2016

Tempel Ordinansies en Verbonde

Met gebed, bestudeer hierdie materiaal en vra om te weet, wat om te deel. Hoe sal ’n beter verstandhouding van “Die Familie: ’n Aankondiging aan die Wêreld” jou geloof in God versterk en diegene seën oor wie jy as vroue besoeker, waak? Vir meer inligting, gaan na reliefsociety.lds.org.

Beeld
Verligting Vereniging seël

Geloof, Familie, Verligting

Al die ordinansies wat nodig is vir ons saligheid en verheerliking, gaan gepaard met verbonde wat ons met God maak. Linda K. Burton, Algemene President van die Vroue Verligtings Vereniging, het gesê: “Om verbonde te maak en te onderhou, beteken ons kies om onsself met ons Vader in die Hemel en Jesus Christus te verbind,”1

Ouderling Neil L. Anderson van die Kworum van die Twaalf Apostels, het gesê: “Die Here het gesê, ‘in die ordinansies … word die krag van goddelikheid bevestig.’

“Daar is spesiale seëninge van God vir elke waardige persoon, wie gedoop is, die Heilige Gees ontvang het, en gereeld in die nagmaal deel.”2

Ouderling M. Russell Ballard van die Kworum van die Twaalf Apostels, het gesê: “Wanneer mans en vrouens na die tempel gaan, word hulle deur dieselfde krag geseën, naamlik die krag van die priesterskap.”

“… Alle mans en vrouens het toegang tot hierdie krag, vir hulp in hulle lewens. Almal wie hierdie heilige verbonde met die Here gemaak het, en wie hierdie verbonde eer, is geregtig om persoonlike openbaring te ontvang, om deur bedienings engele geseën te word, om met God te kommunikeer, om die volheid van die evangelie te ontvang, en om uiteindelik erfgename te word, saam met Jesus Christus, van alles wat ons Vader het.3

Addisionele Skrifgedeeltes

1 Nefi 14:14; Leer en Verbonde 25:13; 97:8; 109:22

Lewende Stories

In 2007, vier dae na ’n verskriklike aardbeweing in Peru, het Ouderling Marcus B. Nash van die Sewentigs, met tak president Wenceslao Conde en sy vrou Pamela, ontmoet. “Ouderling Nash het vir Suster Conde gevra, hoe haar klein kinders was. Sy het met ’n glimlag geantwoord dat hulle almal, vanweë die goedheid van God, veilig en gesond was. Hy het gevra hoe die Conde’s se huis was.

Sy het eenvoudig geantwoord,“ Dit is weg.”

“… ‘En tog’ het Ouderling Nash opgemerk, ‘het jy ’n glimlag, terwyl ons hier praat.’

“‘Ja’ het sy gesê, ‘ek het gebid en ek het vrede ontvang. Ons het alles wat ons nodig het. Ons het mekaar, ons het ons kinders, ons is in die tempel verseël, ons het hierdie wonderlike Kerk, en ons het die Here. Met die Here se hulp, kan ons weer bou.’ …

“Wat is dit omtrent die maak en onderhou van verbonde met God, wat ons die krag gee om deur die moeilike tye te glimlag, om beproewinge in oorwinninge te omskep …?

“Die bron van hierdie krag is God. En ons toegang tot hierdie krag, is deur ons verbonde met Hom.”4

Notas

  1. Linda K. Burton, “Die Krag, Vreugde, en Liefde van die Behoud van Verbonde,” Liahona, Nov. 2013, 111.

  2. Neil L, Anderson, “Krag in die Priesterskap,” Liahona, Nov. 2013, 92.

  3. M Russell Ballard, “Mans en Vrouens in die Werk van die Here,” Liahona, April 2014, 48-49.

  4. Sien D. Todd Christofferson, “Die Krag van Verbonde.” Liahona, Mei 2009, 19, 20-21.

Ter Oorweeging

Hoe kan tempel ordinansies en verbonde, ons versterk en krag gee?