2016
Onderhou die Gebooie en Wees Lief vir Andere
September 2016


Jeug

Onderhou die Gebooie en Wees Lief vir Andere

Wanneer ons aan liefde dink, mag die eerste ding waaraan ons dink, dalk romantiese flieks, sjokolade en blomme wees. Maar liefde — ware liefde — is baie dieper en baie meer selfloos as dit. Jesus Christus het vir ons gelewe en gesterwe, vanwee Sy liefde vir ons. Waarlik die twee groot gebooie is om God en almal lief te hê (sien Mattheus 22: 36–40). Hoe kan ons, aan andere wys, dat ons hulle lief het?

President Uchtdorf deel Christus se gelykenis van die twee seuns, een wie vir sy vader gewerk het, en een wie nie. Die Verlosser maak die punt dat slegs die seun wie gehoorsaam was aan sy vader, hom waarlik lief gehad het. Soortgelyk, wanneer ons God se gebooie onderhou, wys ons dat ons Hom lief het en na Hom toe wil terug keer.

Maar hoe wys ons, ons liefde aan andere? President Uchtdorf verduidelik dit ook: “Indien ons waarlik ons medemens lief het, sal ons uitreik om ’die armes en behoeftiges, die siekes en die geteisterdes’ te help. Want diegene wie hierdie dade van meegevoel en diens lewer, dieselfde is die dissipels van Jesus Christus.”

So die volgende keer wat jy jou ouer, ’n broer of suster, of ’n vriend not friend sien, dink aan hoe jy hulle kan dien om sodoende jou liefde vir hulle te wys. Dit sal nie net vir hulle en vir jou geluk bring nie, maar dit sal ook jou Vader in die hemel baie gelukkig maak.