2016
Ouerskap Is ’n Heilige Plig
September 2016


Vroue Besoek Boodskap, September 2016

Ouerskap Is ’n Heilige Plig

Bestudeer hierdie materiaal met gebed, en vra om te weet wat om te deel. Hoe sal ʼn begrip van “Die Familie: ʼn Aankondiging aan die Wêreld” jou geloof in God vermeerder asook diegene waaroor jy waak deur vroue besoek? Vir meer inligting, gaan na reliefsociety.lds.org.

Beeld
Verligting Vereniging seël

Geloof, Familie, Verligting

Ons Hemelse Vader het families geskep, om ons te help om korrekte beginsels in ’n liefdevolle atmosfeer te leer. President Thomas S. Monson het gesê: “Gee jou kind ’n kompliment en ’n drukkie, sê meer ‘Ek is lief vir jou’; wys altyd jou dankbaarheid. Moet nooit toelaat dat ’n probleem wat opgelos moet word, meer belangrik word as ’n persoon wat liefde nodig het nie.”1

Susan W. Tanner, voormalige Jong Dames algemene president, het geleer: “Ons Vader in die Hemel is die voorbeeld wat ons moet volg. Hy het ons lief, Hy leer ons, Hy is geduldig met ons, en Hy vertrou ons toe met ons agentskap. … Somtyds word dissipline, wat beteken ‘om te leer,’ met kritiek geassosieer. Kinders — asook mense van alle ouderdomme — verbeter hulle gedrag meer met liefde en aanmoediging, as deur fout vind.2

Ouderling Quentin L. Cook van die Kworum van die Twaalf Apostels, het gesê “Indien ons getrou familie gebed hou, die geskrifte bestudeer, familie tuis aand hou, priesterskap seëninge ontvang en die Sabbat dag heilig hou, sal ons kinders voorbereid wees vir ’n ewige tuiste in die hemel, ongeag wat ons in ’n moeilike wêreld beval nie.”3

Addisionele Skrifgedeeltes

1 Nefi 8:37; 3 Nefi 22:13; Leer en Verbonde 93:40; 121:41

Lewende Stories

Ouderling Robert D. Hales van die Kworum van die Twaalf Apostels het gesê: “Ek was besig om die koerant te lees, toe een van my jong kleinsuens langs my kom opkrul het”. “Soos wat ek gelees het, was ek so bly om sy soet stemmetjie, in die agtergrond te hoor. Jy kan my skok verstaan, toe hy ’n paar oomblikke later homself tussen my en die koerant indruk. Hy het my gesig in sy hande geneem en sy neus teen myne gedruk en gevra, ’Oupa! Is jy daar binne?’

“ … Om daar te wees, beteken om die harte van ons jeug te verstaan en om met hulle ’n verbandskap op te bou. En om met hulle ’n verbandskap te ontwikkel, is nie net om met hulle te gesels nie, maar ook om dinge saam met hulle te doen. …

“Ons moet beplan en gebruik maak van leer oomblikke. …

“… Hoe langer ek leef, hoe meer erken ek dat die leer oomblikke van my jeug, veral die wat deur my ouers voorsien is, my lewe gehelp vorm het en my die persoon wie ek is, gemaak het.4

Notas

  1. Thomas S. Monson, “Liefde by die Huis — Raad van die profeet,” Liahona, Aug 2011, 4.

  2. Susan W. Tanner, “Het Ek Jou Vertel …?” Liahona, Mei 2003, 74.

  3. Quentin L. Cook, “Die Here Is My Lig,” Liahona, Mei 2015, 64.

  4. Robert D. Hales, “Ons Plig Teenoor God: Die Missie van Ouers en Leiers teenoor die Opkommende Generasie,” Liahona, Mei 2010, 96, 95

Ter Oorweeging

Hoekom word die evangelie op die beste manier geleer deur die taal en voorbeeld van liefde?”