2016
Na Liefde, Dan Wat?
September 2016


Eerste Presidentskap Boodskap, September 2016

Na Liefde, Wat Dan?

Ons geliefde profeet, President Thomas S. Monson het geleer dat “liefde die ware kern van die evangelie is.”1

Liefde is so belangrik, dat Jesus dit “die eerste en groot gebod” genoem het, en het gesê dat elke ander gedeelte van die wet en die woorde van die profete daar aan hang.2

Liefde is die sentrale motifering vir alles wat ons in die Kerk doen. Elke program, elke vergadering, elke aksie wat ons aan deel neem, as ’n dissipel van Jesus Christus, behoort hierdie eienskap as ’n afspring punt te hê — want sonder naasteliefde, “die suiwere liefde van Christus,” is ons niks nie.3

Wanneer ons hierdie beginsel met ons verstand en hart verstaan, en wanneer ons, ons liefde vir God en ons medemens verklaar het — wat dan?

Is dit genoeg om net meegevoel en liefde vir andere te voel? Wanneer ons, ons liefde vir God en ons naaste verklaar, is dit genoeg om ons plig aan God te voldoen?

Die Gelykenis van die Twee Seuns

By die tempel in Jerusalem, het die hoof priesters en ouderlinge van die Jode, Jesus genader om Hom in Sy eie woorde uit te vang. Die Verlosser het egter die tafels op hulle gedraai, deur aan hulle ’n storie te vertel.

“’n Sekere man het twee seuns gehad,” het Hy begin. Die vader het na die eerste gegaan, en hom gevra om in die wingerd te gaan werk. Maar die seun het geweier. Later het daardie seun hom “bekeer en gegaan.”

Die vader het toe na die tweede seun gegaan, en hom gevra om in die wingerd te gaan werk. Die tweede seun het hom verseker dat hy sal gaan, maar hy het nooit gegaan nie.

Die Verlosser het toe na die priesters en ouderlinge gedraai en gevra, “Watter een van hierdie twee seuns het die wil van sy vader gedoen?”

Hulle moes toe erken dat dit die eerste seun was — die een wie gesê het dat hy nie sal gaan nie, maar toe bekeer het en in die wingerd gaan werk het.4

Die Verlosser het hierdie storie gebruik om ’n belangrike beginsel te beklemtoon — dit is diegene wie die gebooie onderhou, wie waarlik God lief het.

Dit is dalk hoekom Jesus die mense gevra het om na die woorde van die Fariseërs te luister, maar nie om hulle voorbeeld te volg nie.5 Hierdie godsdienstige leraars het nie die woord gevolg nie. Hulle was baie lief daarvoor om oor godsdiens te praat, maar ongelukkig het hulle die kern daarvan gemis.

Aksies en Ons Saligheid

In een van die Verlosser se finale lesse aan Sy dissipels, het Hy met hulle gepraat oor die finale Oordeel. Die goddeloses en die geregtiges sou geskei word. Die geregtiges sal die ewige lewe erf; die goddeloses sal vir ’n ewige straf oorgelewer word.

Wat was die verskil tussen die twee groepe?

Diegene wie hulle liefde, deur hulle aksies gedemonstreer het, is gered. Diegene wie dit nie gedoen het nie, is veroordeel.6 Ware bekeering tot die evangelie van Jesus Christus en die waardes en beginsels daarvan, sal sigbaar wees, deur ons aksies in ons daaglikse lewens.

In die einde, sal ’n verklaring van ons liefde vir God en ons medemens, nie genoeg wees om ons vir die ewige lewe te kwalifiseer nie. Want soos Jesus geleer het, sal “Nie elkeen wat aan My sê, Here, Here, in die koninkryk van die hemel ingaan nie; maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is.”7

Wat Kom na Liefde?

Die antwoord op die vraag “Na liefde, wat dan?” kan eenvoudig en reguit wees. Indien ons die Verlosser waarlik lief het, sal ons, ons harte na Hom toe draai en dan in die paaie van dissipelskap loop. Wanneer ons God lief het, sal ons daarna strewe om Sy gebooie te onderhou.8

Indien ons waarlik ons medemens lief het, sal ons uitreik om “die armes en behoeftiges, die siekes en die geteisterdes” te help?9 Want diegene wie hierdie dade van meegevoel en diens lewer,10 dieselfde is die dissipels van Jesus Christus.

Dit is wat na liefde kom.

Dit is die kern van die evangelie van Jesus Christus.

Onderrig uit Hierdie Boodskap

President Uchtdorf definieer ware dissipels van Jesus Christus, as diegene wie hulle liefde vir Hom en vir andere wys, deur hulle aksies. Hy leer ons dat “indien ons die Verlosser waarlik lief het ons, ons harte na Hom sal draai en dan in die paaie van dissipelskap sal loop.” Oorweeg dit om diegene wie jy besoek, te vra, op watter manier, liefde, hulle gemotifeer het om in die paaie van dissipelskap te loop. Jy kan dalk van jou eie ondervindinge met hulle deel. Jy mag hulle dalk wil uitnooi om vir meer naasteliefde te bid, asook vir die krag om met meer liefde te dien.