2016
Vure en Lesse van Gehoorsaamheid
Oktober 2016


Jeug

Vure en Lesse van Gehoorsaamheid

President Thomas S. Monson het die storie vertel van ʼn tyd toe hy geleer het hoe belangrik gehoorsaamheid is. Toe hy agt jaar oud was, het sy familie hulle huisie in die berge besoek. Hy en sy vriend wou ʼn grasbedekte area skoonmaak vir ‘n kampvuur. Hulle het probeer om die gras met die hand uit te trek, hulle het getrek en gesukkel, maar al wat hulle kon uittrek, was handevol onkruid. President Monson verduidelik, “En toe het, wat ek gedink het, die perfekte oplossing in my agtjarige verstand was, opgeduik. Ek het aan Danny gesê, “Al wat ons moet doen is om hierdie onkruid aan die brand te steek. Ons sal ʼn sirkel in die onkruid brand!”

Alhoewel hy geweet het dat hy nie vuurhoutjies mag gebruik nie, het hy na die huisie teruggehardloop en die vuurhoutjies gaan haal en hy en Danny het ʼn klein vuurtjie op daardie graskolletjie gemaak. Hulle het verwag dat dit vanself sal uitbrand, maar dit het egter ʼn groot en gevaarlike veldbrand geword. Hy en Danny het gehardloop om hulp te roep, en spoediglik het volwassenes aangehardloop gekom om die vuur te blus voor dit die bome bereik het.

President Monson vertel verder, “Danny en ek het daardie dag verskeie moeilike maar belangrike lesse geleer—die belangrikste hiervan, was hoe belangrik gehoorsaamheid is.” (Sien “Gehoorsaamheid Bring Seëninge,” Liahona, Mei 2013, 89–90).

Soos President Monson, moes jy al ooit ‘n les van gehoorsaamheid op die harde manier leer? Watter doele kan jy stel om jouself deur gehoorsaamheid veilig te hou in die toekoms?