2016
Die Familie Is deur God Verorden
Oktober 2016


Vroue Besoek-Boodskap, Oktober 2016

Die Familie Is deur God Geordineer

Bestudeer hierdie materiaal biddend, en soek inspirasie om te weet wat om te deel. Hoe sal ʼn begrip van “Die Familie: ʼn Proklamasie aan die Wêreld” jou geloof in God vermeerder asook diegene waaroor jy waak deur vrouebesoek? Vir meer inligting, gaan na reliefsociety.lds.org.

Geloof, Familie, Verligting

Carole M. Stephens, Eerste Raadgewer in die Verligtingsorganisasie se Algemene Presidentskap het gesê: “In die woorde van die [Primêre-Organisasieliedjie], ‘Die Familie Is Van God,’ … word ons aan suiwer leringe herinner. “Ons leer nie net dat die familie van God af kom nie, maar ook dat ons elkeen deel is van God se familie. …

“… Die Vader se plan vir sy kinders is ʼn plan van liefde. Dit is ‘n plan om Sy kinders—sy familie—met Hom te verenig.”1

Ouderling L. Tom Perry (1922–2015) van die Kworum van die Twaalf Apostels het gesê: “Ons glo ook dat sterk tradisionele families, nie net die basiese eenheid van ʼn stabiele samelewing, ʼn stabiele ekonomie en ʼn stabiele kultuur van waardes is nie—maar dat hulle ook die basiese eenheid van die ewigheid en van die koninkryk en regering van God is.

“Ons glo dat die organisasie en regering van die hemel, om families en uitgebreide families gebou sal word.”2

Volgens Bonnie L. Oscarson, Algemene President van die Jongdames kan “Elkeen, ongeag hulle huweliksomstandighede of die hoeveelheid kinders wat hulle het, die Here se plan verdedig, soos uiteengesit in die familie-proklamasie” “As dit die Here se plan is, moet dit ook ons plan wees!”3

Addisionele Skrifgedeeltes

Leer en Verbonde 2:1-3; 132:19

Leerstelling van die Familie

Suster Julie B. Beck, voormalige Algemene President van die Verligtingsorganisasie, het geleer dat die teologie van die familie gebaseer is op die Skepping, die Val en die Versoening van Jesus Christus:

“Die Skepping van die aarde het ʼn plek voorsien waar families kon leef. God het ʼn man en ʼn vrou geskape, wat die twee noodsaaklike helftes van ʼn familie is. Dit was deel van Hemelse Vader se plan dat Adam en Eva geseël sou word om ʼn ewige familie te vorm.

“… Die Val het dit vir hulle moontlik gemaak om seuns en dogters te hê.

“[Christus se] Versoening maak voorsiening vir families om vir ewig saam geseël te word. Dit maak voorsiening vir families om ewige groei en volmaaktheid te hê. Die plan van geluk, wat ook die plan van saligheid genoem word, was ʼn plan wat vir families geskep is. …

“… Hierdie was Christus se leringe. … Sonder die familie, is daar geen plan nie; daar is geen rede vir ʼn aardse lewe nie.”4

Notas

  1. Carole M. Stephens, “Die Familie is van God,” Liahona Mei 2015, 11, 13.

  2. L. Tom Perry, “Hoekom die Huwelik en Families, saakmaak—Orals in die wêreld,” Liahona, Mei 2015, 41.

  3. Bonnie L. Oscarson, “Verdedigers van die Familie-proklamasie,” Liahona, Mei 2015, 15.

  4. Julie B. Beck, “Onderrig van die Leerstelling van die Familie,” Liahona, Maart 2011, 32, 34.

Ter Oorweging

Hoekom is die familie die belangrikste eenheid in tyd en alle ewigheid?