2017
Ek het Alreeds Besluit
Maart 2017


Jeug

Ek het Alreeds Besluit

Die skrywer woon in Utah, VSA.

Ek het een keer ʼn belangrike les in ʼn Jongdamesklas geleer aangaande seksuele reinheid—ʼn onderwerp wat baie van die jeug ongemaklik laat kriewel het op hulle sitplekke. Ek kan nie alles onthou wat ek daardie dag geleer het nie, maar ek kan onthou dat my leier oor een van haar persoonlike standaarde gepraat het—om altyd seksueel rein te bly. Haar woorde het by my gebly, en ek het toe ʼn bewustelike besluit geneem om dit as een van my eie persoonlike waardes aan te neem.

Een dag terwyl ek op die bus huis toe gery het na ʼn sportbyeenkoms, het iemand op die bus die speletjie “waarheid of uitdaging” begin speel. Verveeld, het ek en van die ander kinders begin saamspeel. Toe dit my beurt was, is ek uitgedaag om iets te doen wat ek geweet het nie reg was nie. Dit kon ʼn moeilike besluit gewees het, maar die woorde van my Jongdamesleier het in my gedagtes opgekom, en die besluit was maklik. Ek het gou-gou nee gesê. Ek het alreeds vooraf my besluit geneem oor wat ek in daardie situasie sou doen.

Ek weet dat as ons kerk toe gaan en plek maak vir die dinge wat ons daar geleer word, ons geseën sal word met groter geestelike krag en beskerming teen die versoekinge van die wêreld.