2017
Dien Andere in Geloof
April 2017


Jeug

Dien Andere in Geloof

President Uchtdorf vertel ons dat ons geloof in God deur “aksie vergesel” moet word. Hy verduidelik dat wanneer ons geloof “gepaard gaan met voortdurende aksie, dit die siel met vrede en liefde vul.” Met die belofte van hierdie seëning, kan ons ʼn verskil maak en ons kan dit in ons eie lewens sien as ons die tyd neem om geloof-gevulde diens te lewer. Jy kan elke oggend bid om die Here om hulp te vra in jou diens aan andere. Byvoorbeeld, vra Hom om jou te wys wanneer ʼn broer of suster hulp met ʼn taak nodig het of wanneer ʼn vriend ʼn kompliment nodig het. Dan, wanneer jy ʼn ingewing ontvang, reageer daarop! Indien jy hierdie gebede en hierdie diens ʼn gewoonte maak, sal jou getroue, voortdurende aksie jou lewe en die lewens van andere seën. President Uchtdorf belowe dat jy “individue, families, nasies en die wêreld kan omskep.”