2017
Eed en Verbond van die Priesterskap
April 2017


Vrouebesoek-boodskap, April 2017

Eed en Verbond van die Priesterskap

Bestudeer hierdie materiaal biddend en vra om inspirasie om te weet wat om te deel. Hoe sal ʼn begrip van die doel van die Verligtingsvereniging dogters van God help om voor te berei vir die seëninge van die ewige lewe?

Beeld
Relief Society seal

Geloof Familie Verligting

Hoe meer ons as susters verstaan dat die eed en verbond van die priesterskap op ons persoonlik van toepassing is, hoe meer sal ons die seëninge en beloftes van die priesterskap omhels.

Ouderling M. Russel Ballard van die Kworum van die Twaalf Apostels het gesê: “Almal wat heilige verbonde met die Here gemaak het en wat hierdie verbonde eer, is geregtig om persoonlike openbaring te ontvang, om deur die bediening van engele geseën te word, om met God te kommunikeer, om die volheid van die evangelie te ontvang, en, uiteindelik, erfgename te word saam met Jesus Christus van alles wat ons Vader het.”1

Die seëninge en beloftes van die eed en verbond van die priesterskap het betrekking op beide mans en vrouens. Suster Sheri L. Dew, voormalige raadgewer in die Verligtingsvereniging Algemene Presidensie, het gesê: “Die volheid van die priesterskap wat vervat is in die hoogste ordinansies van die huis van die Here kan slegs ontvang word deur ʼn man en ʼn vrou saam.” 2

Suster Linda K. Burton, Verligtingsvereniging Algemene President, het hierdie oproep gedoen: “Ek nooi julle om die eed en verbond van die priesterskap te memoriseer, wat gevind kan word in Leer en Verbonde 84:33—44. Deur dit te doen, belowe ek jou dat die Heilige Gees jou begrip van die priesterskap sal verbreed en jou inspireer en ophef op wonderlike wyses.”3

Joseph Smith se opdragte aan die Verligtingsvereniging was bedoel om vroue voor te berei om in besit van die “voorregte en seëninge en gawes van die priesterskap te kom.” Dit sal verwesenlik word deur die ordinansies van die tempel.

“Tempelordinansies [is] priesterskapordinansies, maar hulle skenk nie ʼn kerklike amp aan mans of vroue nie. [Hierdie ordinansies vervul] die Here se belofte dat Sy volk—vroue en mans—‘met krag van omhoog begiftig’ sal word [L&V 38:32].”4

Bykomende Skrifture en Inligting

Leer en Verbonde 84:19–40; 121:45–46; reliefsociety.lds.org

Notas

  1. M. Russell Ballard, “Men and Women and Priesthood Power.” Liahona, Sept. 2014, 36.

  2. Sheri L. Dew, in Daughters in My Kingdom: The History and Work of Relief Society (2011), 128.

  3. Linda K. Burton, “Priesthood Power—Available to All,” Ensign, Junie 2014, 39–40.

  4. Evangeliese Onderwerpe, “Joseph Smith’s Teachings about Priesthood, Temple, and Women,” topics.lds.org.