2018
Bly in Kontak met Haar Enige Tyd, Enige Plek, Enige Manier
Januarie 2018


Vrouebesoekbeginsels, Januarie 2018

Bly in Kontak met Haar Enige Tyd, Enige Plek, Enige Manier

Vrouebesoek gaan oor diens. Jesus het enige tyd en enige plek gedien. Ons kan dieselfde doen.

Om te “bedien” is om diens, sorg of bystand te gee wat sal bydra tot die gemak of geluk van ander. Vrouebesoek is om maniere te ontdek om diegene wat ons besoek, te dien. Jesus Christus het almal gedien—enige tyd en enige plek. Hy het die 5 000 gevoed, Maria en Martha vertroos tydens die dood van hulle broer, en sy evangelie aan die vrou by die put geleer. Hy het dit gedoen vanweë sy opregte liefde.

Ons kan sy voorbeeld volg en as vrouebesoekers elke suster wat ons besoek leer ken en liefhê, onthou dat liefde die fondasie is van alles wat ons doen. Wanneer ons om inspirasie bid om te weet hoe om haar te dien of haar te help om haar geloof te versterk, sal “die engele nie gestuit kan word om [ons] metgeselle te wees nie.”1

Vanaf die organisering van die Verligtingsvereniging in 1842 tot vandag, het die bediening van vroue, lewens geseën. Byvoorbeeld, Joan Johnson, ʼn 82-jarige weduwee en haar metgesel besoek hulle buurvrou wat 89 is en longontsteking het. Hulle kon sien dat hulle buurvrou hulle nie net een keer ‘ʼn maand nodig gehad het nie, hulle het begin om elke week by haar in te loer of om haar te skakel.

Vir ander vrouebesoekers, is die beste ding wat hulle vir ʼn suster daardie maand kan doen om ʼn bemoedigende boodskappie per foon of e-pos te stuur. Om met ʼn houding van liefde te luister en persoonlike verbintenisse te maak, is die kern van vrouebesoek. Moderne tegnologie en tyd-geëerde mens tot mens besoeke help ons om dit enige tyd, enige plek en op verskeie maniere te doen.2 Dit is bediening, soos Jesus dit gedoen het.

Notas

  1. Teachings of Presidents of the Church: Joseph Smith (2007), 454.

  2. Sien Handbook 2: Administering the Church (2010), 9.5.1.