2018
Bekering is ʼn Gawe
Januarie 2018


Kinders

Bekering is ʼn Gawe

Die gawe van bekering is nie ʼn gawe wat jy kan sien of aanraak nie. Dit is egter ʼn gawe wat jy kan voel. Dit beteken dat wanneer ons ʼn verkeerde keuse gemaak het, ons kan bekeer en weer eens vrede en geluk kan voel.

Hemelse Vader en Jesus sal ons altyd help om te bekeer. Teken ʼn prentjie om saam met elke stap van bekering te gaan.

Ons voel jammer.

Ons bid tot Hemelse Vader en vertel Hom wat gebeur het, en vra vir sy hulp om die volgende keer ʼn beter keuse te maak.

Ons vra om verskoning en probeer om dit beter te maak.

Ons voel vrede en weet dat ons vergewe is.