2018
Besluit om te Bekeer
Januarie 2018


Jeug

Besluit om te Bekeer

President Monson verduidelik dat dit “ons verantwoordelikheid is om van middelmatigheid tot bevoegdheid te vorder, van mislukking tot sukses. Ons taak is om ons beste self te word.” Baie mense besluit om in Januarie doelstellings te stel en voornemens van verbetering te maak: om meer te glimlag, gesonder te eet, of om ʼn nuwe vaardigheid te leer. Terwyl hierdie doelstellings jou sal help om te verbeter, is die beste manier om te verander deur bekering.

Alhoewel bekering moeilik kan wees, is dit steeds ʼn gawe! Soos wat ons op Jesus Christus vertrou deur van ons sondes te bekeer, is dit moontlik vir ons om te groei en te vorder. President Monson het gesê, “Noodsaaklik in hierdie plan [van saligheid] is ons Verlosser, Jesus Christus. Sonder sy versoenende offerande, sou alles verlore wees.” Deur bekering kan jy van jou sondes skoon gewas word en jy kan vorder om meer soos Hy te word.

Dink aan iets wat jou dalk mag verhoed om soos die Verlosser te word. Is dit jou taalgebruik? Hoe jy jou vriende of familie behandel? Nadat jy gedink het aan wat jy kan verbeter, bid tot Hemelse Vader en verduidelik jou begeerte om te verander. Onthou dat deur die krag van sy Versoening, kan Jesus Christus jou help om jou swakhede te oorkom. Soos wat President Monson geleer het, kan “Die gawe van bekering wat deur ons Verlosser verskaf is, ons in staat stel om ons koersverstellings te maak.”