2021
Voortdurende Openbaring
Maart 2021


“Voortdurende Openbaring,” Vir die Krag van die Jeug, 16 Maart 2021.

Maandelikse Vir die Krag van die Jeug-boodskap, Maart 2021

Voortdurende Openbaring

Uit ʼn April 2020 algemene konferensie praatjie.

Beeld
Die Eerste Visioen

Illustrasie deur Ben Simonsen

Die Profeet Joseph Smith het openbaring na openbaring ontvang. Baie openbarings wat deur die Profeet Joseph ontvang is, is in die Leer en Verbonde vir ons bewaar.

Daarbenewens word ons geseën met voortdurende openbaring aan lewende profete wat “aangestelde verteenwoordigers van die Here is, gemagtig om namens Hom te praat.”1

Persoonlike openbaring is ook beskikbaar vir al diegene wat nederig leiding van die Here soek. Dit is net so belangrik soos profetiese openbaring.

Persoonlike openbaring is gebaseer op geestelike waarhede wat van die Heilige Gees ontvang word. Die Heilige Gees is die openbaarder en getuie van alle waarheid, veral dié van die Saligmaker. Sonder die Heilige Gees sou ons nie regtig kon weet dat Jesus die Christus is nie. Sy inspirerende rol is om te getuig van die Vader en die Seun en hulle titels en hulle heerlikheid.

Ek verseker jou dat elkeen van ons openbarende leiding kan ontvang wanneer ons nederig in die Here se wingerd arbei.

My nederige pleidooi is dat elkeen van ons voortdurende openbaring sal soek om ons lewens te lei en die Gees volg wanneer ons God die Vader en ons Saligmaker, Jesus Christus, aanbid.

Nota

  1. Hugh B. Brown, “Joseph Smith among the Prophets” (Sixteenth Annual Joseph Smith Memorial Sermon, Logan Institute of Religion, 7 Des. 1958), 7.