2021
Jesus Christus het Ons Gevra om die Nagmaal te Gebruik
Maart 2021


“Jesus Christus het Ons Gevra om die Nagmaal te Gebruik,” Liahona, Maart 2021

Maandelikse Liahona-boodskap, Maart 2021

Jesus Christus het Ons Gevra om die Nagmaal te Gebruik

Ons word gereinig en genees wanneer ons ons Saligmaker elke week onthou.

Beeld
Die Laaste Avondmaal

Die Laaste Avondmaal, deur Carl Heinrich Bloch

Voor sy dood het Jesus Christus een laaste maaltyd geëet, genaamd die Laaste Avondmaal. Aan die einde van hierdie maaltyd het Hy die nagmaal aan sy volgelinge bekendgestel. Hy het brood gebreek en dit geseën. “Doen dit tot my gedagtenis,” het Hy gesê (Lukas 22:19). Toe het Hy ʼn beker wyn geseën en dit gedeel.

Beeld
familie wat die nagmaal ontvang

Deel van Weeklikse Aanbidding

Toe die Kerk van Jesus Christus op die aarde herstel is, het die nagmaal deel van die weeklikse aanbidding geword. Tydens die kerkdiens word die nagmaal geseën en bedien deur diegene wat die priesterskap hou. Hulle bid en gebruik woorde uit die skrifture (sien Moroni 4; 5). Elke persoon in die gemeente eet dan brood en drink water om Jesus Christus en sy opoffering vir ons te onthou, soos Hy ons gevra het om te doen.

Beeld
jong dame wat bid

Foto deur Angela Suitter

Voorbereiding om die Nagmaal te Gebruik

Om gereed te maak om die nagmaal te gebruik, moet ons eerlik dink oor ons lewens en keuses. Ons moet ons bekeer van die foute en sondes van die afgelope week, insluitend om God om vergifnis te vra. Ons hoef nie perfek te wees om die nagmaal te gebruik nie, maar ons harte moet nederig wees.

Beeld
Gebed in Getsémané

Gebed in Getsémané, deur Del Parson

Meer as Brood en Water

Om die nagmaal te gebruik is ʼn gewyde, heilige tyd. Die nagmaalsgebede herinner ons dat wanneer ons die brood en water gebruik, onthou ons die liggaam en bloed wat Jesus Christus vir ons gegee het. Ons belowe om Hom te volg en ʼn Christelike lewe te lei. Ons belowe om te probeer om God se gebooie te onderhou. In ruil daarvoor, sal die Heilige Gees ons troos, lei en genees.

Beeld
doop

Hernuwing van Verbonde

Wanneer diegene van ons wat gedoop is die nagmaal met ʼn rein hart gebruik, hernu ons die verbond wat ons met ons doop gesluit het. Dit sluit in die ontvangs van die Heilige Gees en reiniging van sonde asof ons weer gedoop word. Dit is die hoop en barmhartigheid wat Jesus aan elkeen van ons bied. Dit is nooit te laat om te bekeer en vergewe te word nie.

Beeld
Jesus Christus stel die nagmaal aan die Nefiete bekend

Dat Julle My Altyd Onthou, deur Gary L. Kapp, mag nie gekopieer word nie

Wat Sê Die Skrifture van die Nagmaal?

Ons moet onsself geestelik ondersoek, eerlik inwaarts kyk, voor ons die nagmaal gebruik (sien 1 Korinthiërs 11:28).

Ná sy Opstanding, het Jesus sy volk in die Amerikas gewys hoe om die nagmaal te gebruik (sien 3 Nefi 18).

Moderne profete het vir ons gesê om brood en water vir die nagmaal te gebruik, maar wat ons eet of drink maak nie werklik saak nie (sien Leer en Verbonde 27:2). Soms moet diegene met allergieë iets anders wat soos brood is, gebruik.

Die Laaste Avondmaal, deur Carl Heinrich Bloch; foto van jong dame wat bid deur Angela Suitter; Prayer at Gethsemane (Gebed in Getsémané), deur Del Parson; Dat Julle My Altyd Onthou, deur Gary L. Kapp, mag nie gekopieer word nie