2021
Die Rollins Susters Red die Skrifture!
Junie 2021


“Die Rollins Susters Red die Skrifture!” Vriend, Junie 2021

Maandelikse Vriend-boodskap, Junie 2021

Die Rollins Susters Red die Skrifture!

Beeld
Joseph Smith kyk na dokumente

Illustrasies deur Apryl Stott

Jesus Christus het die Profeet Joseph Smith baie belangrike dinge vertel om ons te help. Die Kerk het ʼn drukpers opgerig om Jesus se woorde te druk. Op daardie manier kon mense dit lees.

Beeld
mans wat papiere rondstrooi

Een dag het ʼn groep kwaai mans gekom. Hulle het die drukpers vernietig. Hulle het die bladsye van die skrifture in die straat uitgegooi.

Beeld
meisies hardloop met papiere

Twee sussies genaamd Mary Elizabeth en Caroline Rollins het gesien wat gebeur het. Hulle het gehardloop en die bladsye in hulle arms bymekaargemaak.

Beeld
meisies kruip weg in mielieland

Die meisies het in ʼn mielieland weggekruip totdat die mans weggegaan het. Hulle het die skrifture gered! Hierdie skrifture het later deel van die Leer en Verbonde geword.

Beeld
meisie en ouma lees die skrifture in ʼn bus

Ek kan die skrifture lees. Ek kan dapper wees en opstaan vir wat ek glo.

Inkleurbladsy

Ek Kan Dapper Wees.

Beeld
kind wat ʼn inspuiting kry

Wat help jou om dapper te wees?