2021
Wat Is die Godheid?
Junie 2021


“Wat Is die Godheid?,” Liahona, Junie 2021

Maandelikse Liahona-boodskap, Junie 2021

Wat Is die Godheid?

Hemelse Vader, Jesus Christus, en die Heilige Gees is drie afsonderlike wesens met een doel.

Beeld
Die Eerste Visioen

Detail uit First Vision (Die Eerste Visioen), deur Jon McNaughton

ʼn Koerantredakteur het die Profeet Joseph Smith eenkeer gevra wat lede van Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae glo. In antwoord het die Profeet 13 verklarings van geloof geskryf wat ons die Geloofsartikels noem. Die eerste verklaring sê: “Ons glo in God, die Ewige Vader, en in sy Seun, Jesus Christus, en in die Heilige Gees” (Geloofsartikels 1:1). Hierdie drie vorm wat ons die Godheid noem.

God, die Ewige Vader

God het ʼn herrese liggaam van vlees en been. Hy is die Vader van ons geeste. Hy het elkeen van sy kinders volmaak lief. God is volmaak, het alle mag, en weet alles. Hy is regverdig, barmhartig en goedhartig. Ons het as geeste met God gewoon voor ons gebore is. Hy het ons na die aarde gestuur om te leer en te groei. God se grootste begeerte is dat elkeen van sy kinders mag terugkeer om weer saam met Hom te woon nadat ons sterf. God leer ons dat ons Jesus Christus moet volg om terug te keer na God se teenwoordigheid.

Beeld
Jesus Christus Onderrig in die Geesteswêreld

Christ Preaching in the Spirit World (Christus Onderrig in die Geesteswêreld), deur Robert T. Barrett

Jesus Christus

Jesus Christus het ook ʼn herrese liggaam van vlees en been. Hy is God se Eersgebore Seun. Voor ons gebore was, het God Hom gekies om ons Saligmaker te wees. Dit beteken dat Jesus na die aarde gekom het om ʼn voorbeeld vir ons te wees, sy Evangelie te onderrig, vir ons sondes te versoen, en ons van die dood te red. Vanweë Jesus Christus, kan ons van ons sondes vergewe word wanneer ons bekeer. Jesus Christus het ook baie dinge gely sodat Hy ons kan verstaan en help. Jesus Christus het gesterf en toe weer gelewe, wat dit vir almal moontlik maak om weer te lewe.

Beeld
Christus word begrawe

Foto van Getty Images

Die Heilige Gees

Die Heilige Gees is die een lid van die Godheid wat nie ʼn fisiese liggaam het nie. Hy is ʼn gees. Die Heilige Gees is in staat om direk met ons geeste te kommunikeer. Hy getuig aan ons dat God werklik is en dat Jesus Christus ons Saligmaker is. Die Heilige Gees dien as God se boodskapper om ons gevoelens van liefde, leiding of vertroosting te gee. Wanneer ons gedoop en bevestig word, ontvang ons die gawe van die Heilige Gees. Na ons doop kan die Heilige Gees altyd met ons wees as ons God se gebooie onderhou.

Beeld
Die Eerste Visioen

First Vision (Die Eerste Visioen), deur Walter Rane

Joseph Smith se Eerste Visioen

Met verloop van tyd het mense verward geword oor die Godheid. Mense het nie saamgestem oor wat God, Jesus Christus, en die Heilige Gees is nie. Dit is een rede hoekom die Eerste Visioen wat Joseph Smith gehad het, so belangrik was. Hy het gesien dat Hemelse Vader en Jesus Christus liggame het en twee afsonderlike wesens is.

Beeld
Om te Luister

Listening (Luister), deur Michael Jarvis Nelson

Afsonderlik maar Verenig

Die skrifture en moderne profete leer ons dat God, Jesus Christus en die Heilige Gees afsonderlike wesens is met een doel: ons onverganklikheid en die ewige lewe (sien Moses 1:39). Soos lede van dieselfde span, werk Hulle saam om ons elke dag te help. Ons kan nader aan Hulle voel wanneer ons van ons sondes bekeer en die regte keuses maak.

Skrifture aangaande die Godheid