2021
Die Naam van Sy Kerk
Oktober 2021


“Die Naam van Sy Kerk,” Vir die Krag van die Jeug, Okt. 2021.

Maandelikse Vir die Krag van die Jeug-boodskap, Oktober 2021

Die Naam van Sy Kerk

Daar is betekenis agter die naam wat Jesus Christus aan sy Kerk gegee het.

Beeld
Jesus Christus as Goeie Herder

my kerk

Kerk—ʼn groep mense wat dieselfde dinge glo en saam aanbid. Hierdie Kerk behoort aan Jesus Christus. Hy het dit begin. Hy lei dit. Dit is syne.

geroep word

Jesus Christus het vir ons gesê wat Hy wil hê dat mense sy Kerk moet noem. Dit is dus wat ons dit moet noem—en wat ons ander vriendelik moet vra om dit te noem. Hierdie naam het van Jesus Christus gekom.

laaste dae

Laaste dae—die dae waarin ons lewe; die tyd voor die Tweede Koms van Jesus Christus. Jesus Christus het sy Kerk vir hierdie laaste keer teruggebring na die aarde. Dit sal die wêreld help voorberei vir sy Tweede Koms.

Die Kerk van Jesus Christus

(Sien “my kerk.”) Dit is die eerste deel van die naam wat die Saligmaker aan sy Kerk gegee het. Hy noem dit “Die Kerk” omdat Hy dit georganiseer het. En Hy het sy Naam daarop gesit.

Laaste Dae

(Sien “laaste dae.”) Dit is die volgende deel van die Kerk se naam. Dit wys eenvoudig dat dit die Kerk is wat Hy teruggebring het in hierdie dae, nie die een wat Hy in vroeër tye begin het nie.

Heiliges

Heiliges—ʼn woord wat beteken “mense wat heilig is.” Dit is die laaste deel van die Kerk se naam. Dit verwys na die lede van die Kerk. Jesus Christus kan ons skoon en rein maak. En Hy gee aan ons die Heilige Gees om ons te versterk wanneer ons probeer om te doen wat Hy ons gebied het. As ons geloof het in Hom en aanhou probeer, sal Hy ons heilig maak. Hy maak ons Heiliges.