2021
Jesus Christus Het Sy Kerk ʼn Naam Gegee
Oktober 2021


“Jesus Christus Het Sy Kerk ʼn Naam Gegee,” Vriend, Okt. 2021.

Maandelikse Vriend-boodskap, Oktober 2021

Jesus Christus Het Sy Kerk ʼn Naam Gegee

Beeld
Jesus Christus
Beeld
Joseph Smith

Jesus Christus het vir Joseph Smith gesê wat om die Kerk te noem. Hy het gesê dat dit “Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae” genoem sou word.

Beeld
Kerkgebou

Die woorde Jesus Christus is die belangrikste deel van die Kerk se naam. Omdat dit Jesus Christus se Kerk is, word dit na Hom vernoem.

Beeld
kinders hou kopieë van die Boek van Mormon vas

Heiliges van die Laaste Dae beteken die lede van die Kerk vandag.

Beeld
vrou en kind kyk na algemene konferensie

Profete en apostels het geleer dat dit belangrik is om die regte naam van die Kerk te gebruik. Dit help ander om te weet dat ons in Jesus Christus glo.

Beeld
kinders kyk na ʼn skildery van Jesus Christus

Wanneer ander my vra wat ek glo, kan ek sê: “Ek glo in Jesus Christus. Ek behoort aan Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae.”

Inkleurbladsy

Ek Glo in Jesus Christus

Beeld
kinders hou ʼn prentjie van Jesus Christus vas

Kliek op die prentjie om dit af te laai.

Illustrasie deur Apryl Stott

Wat help jou om van Jesus te leer?