2021
Tempelwerk
Oktober 2021


“Tempelwerk,” Liahona, Oktober 2021

Maandelikse Liahona-boodskap, Oktober 2021

Tempelwerk

Tempels is die huis van die Here. Ons kan ordinansies ontvang en verbonde met Hom sluit in tempels. Ons kan ook ordinansies vir ons voorvaders in die tempel uitvoer.

Beeld
tempel

Foto van Barranquilla Colombia-tempel deur Bruno Lima

Regdeur die geskiedenis het die Here sy mense gebied om tempels te bou. Tempels is heilige plekke waar ons God se liefde kan voel, ordinansies ontvang, en beloftes met Hom sluit. Die Kerk bou tempels regoor die wêreld sodat meer en meer mense hierdie seëninge kan ontvang.

Beeld
vrou voor tempel

Foto van vrou voor die Oquirrh Mountain Utah-tempel deur Nexeo en Matthew Reier

Die Begiftiging

Kerklede wat regverdig lewe gaan na die tempel om ordinansies te ontvang en verbonde, of beloftes, met God te sluit. Een ordinansie wat ons in die tempel ontvang is die begiftiging. Die woord begiftiging beteken “ʼn geskenk.” Die tempelbegiftiging is ʼn geskenk van God. In hierdie ordinansie leer ons omtrent Hemelse Vader se plan vir ons heil en ons sluit verbonde om God se gebooie te onderhou. As ons getrou is aan die verbonde wat ons sluit, sal God ons seën.

Beeld
paartjie voor die tempel

Foto van ʼn paartjie wat by die Manila Filippyne-tempel loop deur Cristina Smith

Verseëling van Families

ʼn Huwelik in die tempel word ook ʼn verseëling genoem. Wanneer ʼn paartjie in die tempel verseël is en hulle onderhou hulle verbonde, sal hulle vir ewig getroud wees. As hulle kinders het, sal daardie kinders ook aan hulle verseël wees. Ouers wat verseël word nadat hulle kinders gehad het, kan hulle kinders aan hulle laat verseël. As hulle regverdig lewe, sal hulle ʼn familie wees deur die ewigheid.

Beeld
Lissabon Portugal-tempel doopvont

Foto van Lissabon Portugal-tempel doop-area deur Leslie Nilsson

Tempelwerk vir Al God se Kinders

Ons doen familiegeskiedeniswerk om uit te vind oor ons voorvaders. Ons doen dan tempelwerk namens hulle. Ons doen al die ordinansies vir hulle wat die lewendes benodig: doop, bevestiging, ontvangs van die priesterskap (vir mans), begiftiging en verseëling. Hulle kan dan besluit of hulle hierdie ordinansies wil aanvaar. Op hierdie manier kan al God se kinders die seëninge van die evangelie geniet.

Beeld
familie voor tempel

Foto van familie voor Philadelphia Pennsilvanië-tempel deur Cody Bell

Seëninge van Tempelwerk

Indien ons die verbonde onderhou wat ons in die tempel sluit, sal ons geseën, beskerm en versterk word. Ons sal die mag van die priesterskap met ons hê. Ons families sal vir ewig saam wees.

Die tempel is ook ʼn plek van vrede en openbaring. Wanneer ons tempelwerk doen, kan ons geestelike leiding ontvang en God se liefde voel.