2022
Hulle is Myne en Ek Ken Hulle
Januarie 2022


“Hulle is Myne en Ek Ken Hulle,” Vir die Krag van die Jeug, Jan. 2022.

Maandelikse Vir die Krag van die Jeug-boodskap, Januarie 2022.

“Hulle Is Myne en Ek Ken Hulle”

Moses 1

Beeld
jong dame in ʼn skare

Foto van Getty Images

Het jy al ooit nietig gevoel? Jy kon dalk so gevoel het toe jy gedink het aan hoeveel mense daar in die wêreld is of gekyk het hoeveel sterre in die hemel is. Het jy al ooit gewonder of God jou werklik ken en hoe jou lewe is? Indien ja, dan het Moses ʼn boodskap vir jou.

God het vir Moses in ʼn visie elke spikkeltjie van die aarde en al die mense wat daar sal woon, gewys. Hulle was “ontelbaar soos die sand van die see” (Moses 1:28). God het toe vir Moses gesê dat Hy “wêrelde sonder tal” geskape het (Moses 1:33)—dat sy skeppings baie verder as hierdie aarde strek.

Moses het seker oorweldig gevoel toe hy al hierdie dinge gesien het. Miskien het hy gewonder: Waar pas ek in in so baie skeppings? En hoe kan God tred hou van so baie?

God se antwoord was eenvoudig: “Alle dinge word deur My getel.” Hoe? “Hulle is myne en Ek ken hulle” (Moses 1:35). God het geweet wie Moses was, net soos Hy al sy kinders ken, asook al sy skeppings. Almal van hulle is syne—die sterre, die sand, en veral sy kinders op die aarde. Hulle is die hele rede hoekom Hy die aarde geskape het. Hulle ewige heil is God se belangrikste werk.

“Want kyk, dit is my werk en my heerlikheid—om die onsterflikheid en die ewige lewe van die mens teweeg te bring” (Moses 1:39).

Net soos Moses geleer het waar hy in God se plan inpas, kan jy ook verseker weet dat God jou ken! Om jou te help om na Hom terug te keer is sy werk en heerlikheid. Hoekom? Omdat jy syne is. En daar is niks nietig daaraan nie!