2022
Die Val Was Deel van God se Plan
Januarie 2022


“Die Val Was Deel van God se Plan,” Liahona, Januarie 2022

Maandelikse Liahona-boodskap, Januarie 2022

Die Val Was Deel van God se Plan

Vanweë die Val, kan ons aarde toe kom en eendag terugkeer om saam met ons Vader in die Hemel te woon.

Beeld
Adam en Eva

Adam and Eve in the Garden of Eden [Adam en Eva in die Tuin van Eden], deur Robert T. Barrett

In die Tuin van Eden het God vir Adam en Eva beveel om nie die vrugte van die boom van kennis van goed en kwaad te eet nie. Toe het Hy vir hulle gesê: “Jy mag vir jouself kies, … maar, onthou dat Ek dit verbied” (Moses 3:17). Satan het Eva versoek om van die vrugte van die boom te eet. Hy het vir haar gesê: “Julle sal soos gode wees, en goed en kwaad ken” (Moses 4:11). Sy het die vrug geëet en dit toe met Adam gedeel. God het hulle uit die Tuin van Eden gestuur.

Die Val

Beeld
Adam en Eva

Adam and Eve Cast Out of the Garden [Adam en Eva Uit die Tuin Gewerp], deur Gary L. Kapp, mag nie gekopieer word nie

Toe Adam en Eva die Tuin van Eden verlaat het, was hulle nie meer in God se teenwoordigheid nie. Hierdie skeiding van God word geestelike dood genoem. Deur die tuin te verlaat, het ook beteken dat Adam en Eva sterflik geword het en was dus in staat om te sterf. Alhoewel Adam en Eva nie meer saam met God was nie en nou sterflik geword het, was hulle gelukkig en hoopvol toe hulle sien dat hulle kon vorder (sien Moses 5:10–11). “Adam het tot ʼn val gekom sodat die mens mag wees; en mense is sodat hulle vreugde mag hê” (2 Nefi 2:25).

ʼn Tyd van Toetsing

Wanneer ons gebore word, leef ons apart van God, net soos Adam en Eva gedoen het na die Val. Satan versoek ons om slegte keuses te maak. Hierdie versoekings laat ons toe om getoets te word en tussen reg en verkeerd te kies (sien Alma 12:24). Elke keer wat ons sondig en nie bekeer nie, beweeg ons verder weg van Hemelse Vader. Maar as ons bekeer, kom ons nader aan ons Vader in die Hemel.

Fisiese Dood

Beeld
begraafplaas

Die aarde is vir ons geskape (sien 1 Nefi 17:36). Die Val het dit vir Adam en Eva moontlik gemaak om God se gebod om kinders te hê, uit te voer, wat ons in staat stel om na die aarde te kom in ʼn fisiese liggaam. Ons liggame sal eendag sterf, maar ons geeste sal aanhou lewe. Ons liggame en geeste sal herenig word wanneer ons herrys.

Gered deur Jesus Christus

Beeld
Jesus Christus se Opstanding

The Resurrection [Die Opstanding], deur Harry Andersen

Deur die versoenende krag van Jesus Christus kan ons die fisiese en die geestelike dood oorkom. Omdat Christus opgestaan het, sal elkeen wat op die aarde gebore word, opstaan en vir ewig lewe. En omdat Christus vir ons sondes gely het, kan ons bekeer en vergewe word sodat ons weer met ons Vader in die Hemel kan woon.