2022
Voordat Ons na die Aarde Toe Gekom Het
Januarie 2022


“Voordat Ons na die Aarde Toe Gekom Het,” Maandelikse Vriend-boodskappe, Januarie 2022

“Voordat Ons na die Aarde Toe Gekom Het”

Maandelikse Vriend-boodskappe, Januarie 2022

Voordat Ons na die Aarde Toe Gekom Het

Beeld
Hemelse Vader en Jesus Christus in die vooraardse geesteswêreld

Illustrasies deur Apryl Stott

Voor ons gebore was, het ons in die hemel met ons Hemelse Vader gewoon. Hy het ons van sy plan van geluk geleer.

Beeld
Seuntjie wat huil, dogtertjie met sokkerbal

Hemelse Vader het gesê dat ons aarde toe sou kom om liggame te kry. Ons sou leer en keuses maak. Ons sou soms foute maak. Ons sou ʼn Saligmaker nodig hê.

Beeld
dogtertjie met sokkerbal troos huilende seuntjie

Die Saligmaker sou ons wys hoe om te lewe. En wanneer ons ʼn verkeerde keuse maak, sou ons in staat wees om te bekeer.

Beeld
vooraardse Jesus Christus

Jesus het gesê: “Hier is Ek; stuur My.” Hemelse Vader het Hom gekies om ons Saligmaker te wees. Jesus het belowe om aarde toe te kom om ons te red.

Beeld
Hemelse Vader en Jesus Christus in die selestiale koninkryk

Ek kan Jesus volg. Ek kan eendag terugkeer en saam met Hemelse Vader woon.

Inkleurbladsy

Ek is ʼn kind van God

Beeld
kinders kyk na sterre

Kliek op die prentjie om dit af te laai.

Illustrasie deur Apryl Stott

Hoe voel jy Hemelse Vader se liefde?