2022
Diens in Kerkroepings
Maart 2022


“Diens in Kerkroepings,” Liahona, Mrt. 2022.

Maandelikse Liahona-boodskap, Maart 2022

Diens in Kerkroepings

Kerkleiers vra lede om te dien in spesifieke toegewysde take wat as “roepings” bekend staan. Roepings gee lede die geleentheid om ander te dien en om nader aan God te kom.

Beeld
man in ʼn rolstoel wat ʼn Kerkklas onderrig

Foto deur David Bowen Newton

Wanneer ons in ons roepings dien, help ons om God se werk te volbring. Ons leer ander van Hemelse Vader en Jesus Christus en help diegene wat ons onderrig om nader aan Hulle te kom. Ons ontvang ook seëninge wanneer ons getrou dien.

Ontvangs van Roepings

Beeld
jong man wat voor ʼn Kerkgemeente staan

Diegene wat in die Kerk dien, is deur God geroep. Kerkleiers bid vir inspirasie om te weet wie om te vra om in elke roeping te dien. ʼn Leier vra dan ʼn lid om te dien en verduidelik die pligte van die roeping. Lede word onderskraag in ʼn Kerkvergadering waar die wyk- of taklede eenparig stem. Dit beteken dat hulle gewillig is om die persoon wat geroep is, te ondersteun. Die lid word dan ʼn seëning gegee deur ʼn priesterskapsleier. Dit word genoem om afgesonder te word. Die lid word gesag gegee om in die roeping op te tree en ontvang ander seëninge om hom of haar te help om te dien.

Biskoppe

ʼn Biskop is die leier van ʼn wyk. (In ʼn tak is ʼn takpresident soortgelyk aan ʼn biskop.) Die penpresident beveel ʼn waardige priesterskaphouer aan om as biskop geroep te word. Die Eerste Presidensie keur die roeping goed. Die biskop word dan onderskraag en afgesonder om te dien. Hy ontvang ook priesterskapsleutels, wat beteken dat hy die gesag het om die wyk te lei. As die biskop, dien en lei hy al die lede van die wyk.

Presidensies

Priesterskapkworums en die Verligtingsvereniging, Jongdames, Primêre- en Sondagskool organisasies word gelei deur presidensies, gewoonlik ʼn president en twee raadgewers. Ouderlingskworum-presidensies word geroep en afgesonder deur die penpresidensie. Die bisdom vra lede om in die ander presidensies in die wyk te dien en sonder hulle af. Alle leiers dien die lede in hulle kworums of organisasies. Hulle dien die lede se behoeftes en help hulle om God se liefde te voel.

Beeld
vrou wat voedsel bring na ʼn moeder wat ʼn kind vashou

Ander Roepings

Ander Kerkroepings sluit in onderrig, help met musiek, rekordhouding, beplanning van aktiwiteite vir jeug of kinders en diens op ander maniere. Elke roeping in die Kerk is belangrik en gee lede ʼn geleentheid om ander te dien en om God te dien. As ons almal saamwerk om ons roepings te vervul, versterk ons ander en help die Kerk groei.