2022
Hoe Hoor Jy Hom?
Maart 2022


“Hoe Hoor Jy Hom?,” Vir die Krag van die Jeug, Mrt. 2022.

Maandelikse Vir die Krag van die Jeug-boodskap, Maart 2022

Hoe Hoor Jy Hom?

Uit ʼn April 2020 algemene konferensie praatjie.

Beeld
legkaartstukke
Beeld
mense met legkaartstukke wat ontbreek

Illustrasies deur Oksana Grivina

Saam met die vreedsame leiding wat ons van tyd tot tyd van die Heilige Gees ontvang, verseker God kragtig en baie persoonlik vir elkeen van ons dat Hy ons ken en ons liefhet. Dan, in ons moeilike oomblikke, bring die Saligmaker hierdie ervarings terug in ons gedagtes.

Dink aan jou eie lewe. Hierdie ervarings kan op deurslaggewende tye in ons lewens voorkom of in wat aanvanklik as niksbeduidende gebeure mag lyk. Hierdie geestelike bepalende oomblikke kom op verskillende tye en op verskillende maniere, geïndividualiseerd vir elkeen van ons.

Joseph Smith het verduidelik dat ons soms “skielike idees” en af en toe die suiwer vloei van intelligensie ontvang.1

In reaksie op ʼn man wat opreg is en beweer het dat hy nooit sulke ondervindings gehad het nie, het President Dallin H. Oaks raad gegee: “Miskien is jou gebede oor en oor beantwoord, maar jou verwagtinge was gevestig op ʼn teken só groots of ʼn stem só luid, dat jy dink jy het nie ʼn antwoord ontvang nie.”2

Ons het onlangs President Russell M. Nelson hoor sê: “Ek nooi jou om diep en dikwels oor hierdie sleutelvraag te dink: Hoe hoor jy Hom? Ek nooi jou ook om stappe te doen om Hom beter en meer te hoor.”3

Notas

  1. Teachings of Presidents of the Church: Joseph Smith (2007), 132.

  2. Dallin H. Oaks, Life’s Lessons Learned: Personal Reflections (2011), 116.

  3. Russell M. Nelson, “‘How Do You #HearHim?’ A Special Invitation,” 26 Feb. 2020, blog.ChurchofJesusChrist.org.