2022
Josef Berei Voor vir Moeilike Tye
Maart 2022


“Josef Berei Voor vir Moeilike Tye,” Maandelikse Vriend-boodskappe, Mrt. 2022

“Josef Berei Voor vir Moeilike Tye”

Maandelikse Vriend-boodskappe, Maart 2022

Josef Berei Voor vir Moeilike Tye

Beeld
Josef voor Farao

Illustrasies deur Apryl Stott

Josef was ʼn profeet. Hy het in Egipte gewoon. Een nag het Farao, die koning van Egipte, ʼn vreemde droom gehad. Hy het vir Josef gevra wat die droom beteken.

Beeld
kind met leë bak

God het vir Josef gehelp om die droom te verstaan. Vir sewe jaar sou die mense oorvloedig voedsel hê. Dan vir sewe jaar sou hulle nie genoeg hê nie. Josef het vir Farao vertel.

Beeld
Josef wat graan in Egipte stoor

Josef het gesê dat hulle nou voedsel moet stoor. Dan sal hulle gereed wees vir moeilike tye. Farao het Josef in beheer geplaas om voedsel te stoor. Josef het hard gewerk.

Beeld
Josef wat graan aan mense uitdeel

Toe die sewe jare van hongersnood gekom het, het die mense genoeg voedsel gehad om te eet. Hulle het selfs genoeg gehad om met ander te deel.

Beeld
familie wat kerk toe stap

Ek kan nou voorberei. Met God se hulp kan ek deur moeilike tye kom!

Inkleurbladsy

Hemelse Vader Sal My deur Moeilike Tye Help

Beeld
broer en suster wat totsiens waai

Kliek op die prentjie om dit af te laai.

Illustrasie deur Apryl Stott

Wanneer het Hemelse Vader jou gehelp?