2022
Skrifture: Die Woord van God
Junie 2022


“Skrifture: Die Woord van God,” Liahona, Julie 2022.

Maandelikse Liahona-boodskap, Julie 2022

Skrifture: Die Woord van God

Beeld
ʼn Ou-Testamentiese profeet wat skryf

Old Testament Prophet [Ou-Testamentiese profeet], deur Judith A. Mehr

Die skrifture is heilige boeke wat hoofsaaklik deur profete geskryf is. Die skrifture getuig van Jesus Christus en leer van sy evangelie. Die amptelike skrifture van die Kerk is die Bybel (wat die Ou Testament en die Nuwe Testament insluit), die Boek van Mormon, die Leer en Verbonde en die Pêrel van Groot Waarde.

Ou Testament

Die Ou Testament is ʼn kroniek van God se handelinge met sy verbondsvolk in antieke tye. Dit sluit leringe van profete soos Moses, Josua, Jesaja, Jeremia en Daniël in. Alhoewel dit honderde jare voor die geboorte van Jesus Christus geskryf is, het baie Ou-Testamentiese profete oor Hom geskryf.

Nuwe Testament

Die Nuwe Testament teken die geboorte, sterflike lewe, leringe en Versoening van Jesus Christus aan. Dit sluit ook die leringe van Christus se Apostels en ander dissipels in. Die Nuwe Testament help ons om te verstaan hoe om die evangelie van Jesus Christus vandag uit te leef.

Beeld
Jesus Christus predik die Bergpredikasie

Die Boek van Mormon: Nog ʼn Testament van Jesus Christus

Die Boek van Mormon is ʼn heilige kroniek van sommige van die mense wat in die antieke Amerikas gewoon het. Dit sluit leringe van profete in, en die hoofdoel daarvan is om alle mense te oortuig dat Jesus die Christus is. Die profeet Joseph Smith het dit vanaf goue plate vertaal deur die gawe en krag van God.

Beeld
Joseph Smith ontvang openbaring

Joseph Smith Jr. Receiving Revelation [Joseph Smith Jnr. Ontvang Openbaring], deur Daniel A. Lewis

Leer en Verbonde

Die Leer en Verbonde bevat openbarings wat aan Joseph Smith en ander laaste-dae profete gegee is. Die openbarings beskryf hoe Christus se Kerk georganiseer is. Dit bevat ook belangrike evangelieleringe oor die priesterskap, die ordinansies van die evangelie en wat ná hierdie lewe gebeur.

Pêrel van Groot Waarde

Die Pêrel van Groot Waarde sluit die boeke van Moses en van Abraham, die getuienis van Joseph Smith, en die Kerk se Geloofsartikels in. Dit sluit ook Joseph Smith—Matthéüs, deel van Joseph Smith se vertaling van die Nuwe Testament in.

Bestudeer die Skrifture

Profete het ons geleer om die skrifture daagliks te bestudeer. As ons dit doen, help dit ons om ons geloof te versterk en nader aan Hemelse Vader en Jesus Christus te kom. Wanneer ons die skrifture biddend bestudeer, sal die Heilige Gees ons help om antwoorde op ons vrae te vind.

Moderne Profete

Wanneer profete en apostels vandag deur die krag van die Heilige Gees praat, is hulle woorde soos skrifture. Een voorbeeld hiervan is algemene konferensie. Ons kan die leringe van die konferensie bestudeer in die Mei en November uitgawes van die Liahona.

Beeld
Moses oorwin Satan

Moses Overcomes Satan [Moses Oorwin Satan], deur Joseph Brickey