2022
Elía en die Stil, Klein Stemmetjie
Junie 2022


“Elía en die Stil, Klein Stemmetjie,” Maandelikse Vriend-boodskappe, Julie 2022

“Elía en die Stil, Klein Stemmetjie”

Maandelikse Vriend-boodskappe, Julie 2022

Elía en die Stil, Klein Stemmetjie

Beeld
Elía by ʼn berg

Illustrasies deur Apryl Stott

Elía was ʼn profeet. Hy wou God se stem hoor. Hy het na ʼn berg gegaan om God se stem beter te hoor.

Beeld
Elía sien ʼn sterk wind

Daar was ʼn sterk wind. Dit was só sterk dat dit rotse gebreek het. Die wind was luid. Maar dit was nie God se stem nie.

Beeld
Elía sien ʼn aardbewing en vuur

Toe was daar ʼn aardbewing. Die aarde het geskud. Daar was ook ʼn vuur. Dit het groot vlamme gehad. Maar die aardbewing en die vuur was nie God se stem nie.

Beeld
Elía hoor die stil, klein stemmetjie

Toe was dit stil. Elía het God se stem gehoor. Dit was stil en klein. Maar dit was duidelik.

Beeld
mense by die kerk

Ek kan God se stem hoor deur na die Heilige Gees te luister. Hy praat met my op klein en eenvoudige maniere.

Inkleurbladsy

Ek Kan die Heilige Gees Voel

Beeld
kinders sing gesange

Kliek op die prentjie om dit af te laai.

Illustrasie deur Apryl Stott

Wat help jou om die Heilige Gees te voel?