2022
Vrees Nie—die Here Is met Jou
Junie 2022


“Vrees Nie, die Here Is met Jou,” Vir die Krag van die Jeug, Julie 2022.

Maandelikse Vir die Krag van die Jeug-boodskap, Julie 2022

Vrees Nie—die Here Is met Jou

Uit ʼn Oktober 2018 algemene konferensie praatjie.

Vrees is nie nuut nie. Sedert antieke tye het vrees die perspektief van God se kinders beperk. In 2 Konings het die koning van Aram ʼn legioen gestuur om die profeet Elísa gevange te neem en dood te maak.

“En toe die dienaar van [Elísa] vroeg opstaan en uitgaan, was daar ʼn leër met perde en strydwaens rondom die stad. En [Elísa se] dienaar sê vir hom: Ag, my heer, hoe sal ons maak?” (2 Konings 6:15).

Dit is vrees wat gepraat het.

“Maar [Elísa] antwoord: Vrees nie; want die wat by ons is, is meer as die wat by hulle is.

“En Elísa het gebid en gesê: Here, open tog sy oë, dat hy kan sien. En die Here het die oë van sy dienaar geopen, dat hy kon sien, en meteens was die berg vol perde en waens van vuur rondom Elísa” (2 Konings 6:16–17).

Daar mag of mag nie strydwaens van vuur gestuur word om ons vrese te verdryf en ons demone te oorwin nie, maar die les is duidelik. Die Here is met ons, bewus van ons en seën ons op maniere wat net Hy kan doen.

As ons aktief op die Here en sy weë vertrou, as ons besig is met sy werk, sal ons nie die tendense van die wêreld vrees of deur hulle verontrus word nie. Die Here waak oor ons, sorg vir ons en staan by ons.