2022
ʼn Lamp vir Ons Voete
Augustus 2022


“ʼn Lamp vir Ons Voete,” Vir die Krag van die Jeug, Aug. 2022.

Maandelikse Vir die Krag van die Jeug-boodskap, Augustus 2022

ʼn Lamp vir Ons Voete

ʼn Algemene voorwerp vir eertydse Israeliete kan ons leer hoe die Here ons lei.

Beeld
olielamp

Feite

In Ou Testamentiese tye het mense olielampe gebruik om lig saam met hulle in die donker te dra. Die meeste van hierdie lampe het drie basiese kenmerke gehad:

  1. ʼn Klei-bak om olyfolie te hou; gewoonlik klein genoeg om in die palm van ʼn persoon se hand vas te hou

  2. ʼn Vlas pit wat aangesteek moet word nadat dit die olie geabsorbeer het

  3. ʼn Tuit om die pit te hou

Eenvoudige olielampe met net een pit sou lig werp vir omtrent ʼn meter om hulle. As dit gebruik word terwyl jy loop, sal dit net genoeg lig werp om ʼn tree voor jouself te sien sodat jy versigtig in die donker kan stap.

Wat Ons Kan Leer

Beeld
Jesus Christus hou ʼn olielamp vas

Gebruik met toestemming. Lead, Kindly Light [Lei, Vriendelike Lig], deur Simon Dewey. Vergunning van altusfineart.com © 2022.

Die Woord van die Here kan ons pad verlig deur die duisternis en verwarring wat ons in die wêreld omring.

Die Here het ons gevra om nie ons lig weg te steek nie, maar om die lig van die evangelie saam met ons te dra sodat ander dit kan sien (sien Matthéüs 5:14–16).

Ons moet seker maak dat ons lampe vol olie is (sien Matthéüs 25:1–13). Ons doen dit deur gebed, skriftuurstudie, diens, deur die profeet te volg en ander dade van geloof en toewyding (sien Spencer W. Kimball Faith Precedes the Miracle [1972], 256).

As ons geloof beoefen, verlig die Here soms ons pad net genoeg sodat ons nog een tree kan neem (sien Boyd K. Packer, “The Candle of the Lord,” Ensign, Jan. 1983, 54).