Liahona
Die Boom van die Lewe
Januarie 2024


“Die Boom van die Lewe,” Vriend, Jan. 2024, 26–27.

Maandelikse Vriend-boodskap, Januarie 2024

Die Boom van die Lewe

Beeld
Alt text

Illustrasies deur Andrew Bosley

Lehi was ʼn profeet. God het hom beveel om sy gesin na die beloofde land te neem. Terwyl hulle gereis het, het hy ʼn droom oor ʼn pragtige boom gehad. Dit is die boom van die lewe genoem.

Beeld
alt text

Heerlike wit vrugte het aan die boom gegroei. Lehi het so gelukkig gevoel toe hy dit eet! Hy wou hê sy gesin moes dit ook probeer.

Beeld
alt text

Lehi het ook ʼn ysterstaaf gesien wat na die boom gelei het. Mense het aan die staaf vasgehou om by die boom te kom en die vrugte te eet.

Beeld
alt text

Die boom in Lehi se droom is soos die liefde van God. Die staaf is soos die skrifture. Wanneer ons die skrifture lees, kom ons nader aan Hemelse Vader en Jesus Christus.

Inkleurbladsy

Die skrifture leer oor Jesus.

Beeld
alt text hier

Illustrasie deur Adam Koford

Wat is jou gunstelingstorie oor Jesus Christus?