Studiehulp
JSV, Romeine 3


JSV, Romeine 3:5–8. Vergelyk Romeine 3:5–8

Paulus leer dat ’n mens nie kwaad kan doen om die goeie tot stand te bring nie.

5 Maar as ons vertoef in ons ongeregtigheid en die geregtigheid van God bewys, hoe durf ons sê, God is onregverdig wat wraak neem? (Ek spreek as ’n mens wat God vrees,)

6 God behoed; want hoe sal God dan die wêreld oordeel?

7 Want as die waarheid van God meer oorvloedig geword het deur my leuen, (soos dit deur die Jode genoem word,) tot sy heerlikheid; waarom word ek nog ook geoordeel as ’n sondaar? en nie ontvang nie? Omdat ons as lasterlik beskou word;

8 En sommiges bevestig dat ons sê, (wie se verdoemenis regverdig is,) Laat ons kwaaddoen sodat die goeie mag kom. Maar dit is vals.