Studiehulp
JSV, Romeine 4


JSV, Romeine 4:2–5. Vergelyk Romeine 4:2–5

Die mens kan slegs deur die genade van Jesus Christus gered word, nie deur werke wat verband hou met gehoorsaamheid aan die wet van Moses nie.

2 Want as Abraham geregverdig is deur die wet van werke, kan hy in homself roem; maar nie van God nie.

3 Want wat sê die skrif? Abraham het in God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken.

4 Nou aan hom wat geregverdig is deur die wet van werke, word die beloning toegereken, nie deur genade nie, maar deur skuld.

5 Maar aan hom wat nie soek om geregverdig te word deur die wet van werke nie, maar glo in Hom wat nie die goddeloses regverdig nie, sy geloof word gereken as geregtigheid.

JSV, Romeine 4:16. Vergelyk Romeine 4:16

Beide geloof en werke, deur genade, is noodsaaklik vir heil.

16 Daarom is julle geregverdig deur geloof en werke, deur genade, sodat die belofte seker mag wees vir die hele nageslag; nie slegs vir hulle wat van die wet is nie, maar ook vir hulle wat van die geloof van Abraham is; wat die vader van ons almal is,