2013
Neem ‘n Inventaris
Augustus 2013


Jeug

Neem ‘n Inventaris

President Eyring haal President Spencer W. Kimball (1895–1985) aan, waar hy sê “joernale is ‘n manier om ons seёninge te tel en om ‘n inventaris van hierdie seёninge vir ons nageslagte na te laat.” President Thomas S. Monson het in die Oktober 2012 algemene konferensie, sy getuienis van joernaal inskrywings gedeel. Hy het ondervindinge van sy lewe gedeel en bygevoeg, “My daaglikse joernaal, wat oor al hierdie jare gehou is, het my gehelp om spesifieke dinge te onthou, wat ek andersins nie sou kon onthou nie.” Hy het aanbeveel om “’n Inventaris van jou lewe te neem en om spesifiek uit te kyk vir die seёninge, groot of klein, wat jy reeds ontvang het” (“Oorweeg die Seёninge,” Liahona en Ensign, Nov. 2012, 86). Probeer om die raad van hierdie profete te volg en stel doele om in jou joernaal te skryf.