2013
Herken, Onthou en Wees Dankbaar
Augustus 2013


Eerste Presidentskap Boodskap, Augustus 2013

Herken, Onthou en Wees Dankbaar

Beeld
President Henry B. Eyring

God vra dat ons aan Hom dankbaarheid toon, vir alle seёninge wat ons van Hom af ontvang. Dit is maklik vir ons om meganies te word in ons gebede van dankbaarheid, om dikwels dieselfde woorde te herhaal, sonder die bedoeling om dankbaarheid as ‘n gawe van die hart, aan God te bring nie. Ons moet “dankie sê … in die Gees” (L&V 46:32) sodat ons ware dankbaarheid kan voel vir dit wat God aan ons gegee het.

Hoe kan ons selfs ‘n gedeelte onthou, van alles wat God vir ons gedoen het? Die Apostel Johannes het neer geskryf wat die Verlosser geleer het oor die gawe van herinnering wat deur die gawe van die Heilige Gees kom: “Maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle sal sê” (Johannes 14:26).

Die Heilige Gees sal herinneringe terug bring, van dit wat God ons geleer het. En een van die maniere wat God ons leer, is met Sy seёninge; en so, indien ons kies om geloof uit te oefen, sal die Heilige Gees ons van God se goedhartigheid aan ons, herinner.

Jy kan dit vandag in gebed uit toets. Jy kan die gebod volg wat sê “Julle sal die Here julle God in alles dank” (L&V 59:7).

President Ezra Taft Benson (1899–1994) het voorgestel dat gebed, die tyd skep om dit te doen. Hy het gesê: “Die Profeet Joseph het eenkeer gesê, dat een van die grootste sondes waarvan die Heiliges van die Laaste Dae skuldig is, die sonde van ondankbaarheid is. Ek is seker dat meeste van ons, dit nie as ‘n groot sonde beskou het nie. Daar is ‘n groot neiging vir ons, om in ons gebede, vir die Here vir addisionele seёninge te vra. Maar soms voel ek dat ons meer van ons gebede aan uitdrukkinge van dankbaarheid en danksegging moet afstaan, vir die seёninge wat ons reeds ontvang het. Ons geniet so baie.”1

Jy kan vandag so ‘n ondervinding met die Heilige Gees hê. Jy kan ‘n persoonlike gebed met dankbaarheid open. Jy kan begin deur jou seёninge te tel en dan vir ‘n oomblik te wag. Indien jy geloof uitoefen, saam met die gawe van die Heilige Gees, sal jy vind dat herinneringe van ander seeninge in jou verstand sal invloei. Indien jy begin om dankbaarheid te toon vir elkeen van hulle, sal jou gebed dalk ‘n bietjie langer neem as gewoonlik. Herinneringe sal kom, asook dankbaarheid.

Jy kan dieselfde ding probeer, soos wat jy in jou dagboek skrywe. Die Heilige Gees het mense al sedert die begin van tyd, hiermee gehelp. Jy onthou dat die boek van Moses sê, “En ‘n gedenkboek is bygehou waarin opgeskryf is in die taal van Adam, want dit is aan elkeen wat God aangeroep het gegee om deur die gees van ingewing te skrywe” (Moses 6:5).

President Spencer W. Kimball (1895–1985) het hierdie proses van ingewende skrif beskryf: “Diegene wie ‘n gedenkboek hou, is meer geneig om die Here in hulle daaglikse lewens te onthou. ‘n Gedenkboek of joernaal is ‘n manier om ons seёninge te tel en om ‘n inventaris van hierdie seёninge vir ons nageslagte na te laat.”2

Soos wat jy begin skryf, kan jy jouself af vra, “Hoe het God my en diegene vir wie ek lief is, vandag geseёn?” Indien jy dit dikwels en met geloof doen, sal jy vind dat jy hierdie seёninge onthou. En soms sal jy gawes onthou, wat jy dalk nie gedurende die dag erken het nie, dan sal jy besef, dat dit die aanraking van God se hand in jou lewe was.

Ek bid dat ons ‘n voortdurende poging sal aanwend om met geloof, te erken, te onthou en dankie te sê, vir dit wat ons Hemelse Vader en ons Verlosser vir ons gedoen het en steeds besig is om te doen om die weg, terug na Hulle, uit te wys.

Notas

  1. Ezra Taft Benson, God, Family, Country: Our Three Great Loyalties (1974), 199.

  2. Spencer W. Kimball, “Listen to the Prophets,” Ensign, Mei 1978, 77.

Leringe uit Hierdie Boodskap

In sy boodskap, nooi President Eyring ons uit om Hemelse Vader se goedhartigheid in ons gebede te onthou. Bespreek met diegene wie julle leer, hoe dankbaarheid in ons gebede, ons kan help om God se hand in ons lewens te erken. Oorweeg om saam met diegene wie julle leer, te kniel in gebed en stel voor dat die persoon wie die gebed gaan gee, slegs dankbaarheid sal uitdruk.

Jy kan ook die belangrikheid van dankbaarheid studeer, deur hierdie verse te lees, saam met die verse wat President Eyring genome het: Psalm 100; Mosia 2:19–22; Alma 26:8; 34:38; Leer en Verbonde 59:21; 78:19; 136:28.