2013
Welsyn
Augustus 2013


Vroue Besoeker Boodskap, Augustus 2013

Welsyn

Bestudeer die materiaal met gebed, en waar van toepassing, bespreek dit met die susters wat jy besoek. Gebruik die vrae om jou te help om jou susters te versterk en om Vroue Vereeniging ‘n aktiewe deel van jou lewe te maak. Vir meer inligting gaan na reliefsociety.lds.org.

Geloof, Familie, Verligting

Die doel van Kerk Welsyn is om lede te help om selfstandig te word, om na die armes en diegene in nood om te sien en om van diens te wees. Welsyn is sentraal aan die werk van die Vroue Vereniging President Henry B. Eyring, Eerste Raadgewer in die Eerste Presidentskap, het geleer:

“[Die Here] het van die begin van tyd, maniere voorsien waarvolgens Sy dissipels kon help. Hy het Sy kinders genooi om hulle tyd, hulle geriewe en hulleself tot Hom toe te wy, in die diens van andere. …

“Hy het ons uitgenooi en beveel om in Sy werk deel te neem, om diegene in nood op te hef. Ons maak ‘n verbond om dit te doen, in die waters van die doop en in die heilige tempels van God. Ons hernu hierdie verbond op Sondae wanneer ons van die nagmaal neem.1

Onder die leiding van die Biskop of tak president, help plaaslike leiers om geestelike en tydelike welsyn te verskaf. Geleenthede om te dien, begin dikwels met vroue besoekers, wie die inspirasie uitsoek, om te weet hoe om te regaeer op die nood van elke suster wat hulle besoek.

Uit die Skrifture

Lukas 10:25–37; Jakobus 1:27; Mosia 4:26; 18:8–11; Leer en Verbonde 104:18

Vanuit ons Geskiedenis

Op 9 Junie, 1842, het die Profeet Joseph Smith, die susters in die Vroue Vereniging aangesê om “die armes te verlig” en om “siele te red.”2 Hierdie doele is steeds in die hart van die Vroue Vereniging en word in ons leuse weerspieel, “Liefdadigheid vergaan nooit” (1 Korinthiёrs 13:8).

Ons vyfde algemene president van die Vroue Vereniging, Emmeline B. Wells, en haar raadgewers het hierdie leuse in 1913 bekend gemaak, as ‘n herinnering van die beginsels waarmee die Vroue Vereniging geskep is: “Ons verklaar dat dit ons doel is om … vas te [gryp] aan die geinspireerde leringe van die Profeet Joseph Smith, toe hy die plan geopenbaar het, waarvolgens vrouens die krag gegee sou word, deur die roeping van die priesterskap, om saam gegroepeer te word in ‘n aanvaarbare organisasie, vir die doel van die bediening van die siekes, die bystand van diegene in nood, vir die vertroosting van die oueres, vir die waarskuwing van die onversigtiges en vir die versorging van weeskinders.”3

Vandag het die Vroue Vereniging ‘n wêreldwye ryk, soos wat susters liefdadigheid aan hulle bure offer, die suiwere liefde van Christus (sien Moroni 7:46–47).

Notas

  1. Henry B. Eyring, “Geleenthede om Goed te Doen,” Liahona en Ensign, Mei 2011, 22.

  2. Joseph Smith, in Dogters in My Koninkryk: Die Geskiedenis en Werk van die Vroue Vereeniging (2011), 63.

  3. Dogters in My Koninkryk, 63.

Wat Kan Ek Doen?

  1. Hoe is ek besig om voor te berei om geestelik en tydelik vir myself en my familie te versorg?

  2. Hoe kan ek die Verlosser se voorbeeld volg, soos wat ek die susters oor wie ek waak se nood probeer vul?