2013
Die Geskenk van Jen
Oktober 2013


Jeug

Die Geskenk van Jen

Die skrywer leef in Utah, VSA.

Ek het ‘n reeks verkeerde keuses gemaak in my tweedejaar van hoërskool. Die keuses het gelei tot ernstige gevolge en ongelukkigheid, en ek het besluit om my somer vakansie te gebruik om veranderinge te begin maak. Toe skool weer begin, het ek middagete in ‘n badkamer stalletjie of in ‘n leë gang geëet om die slegte verhoudings te vermy wat gewag het om my terug te verwelkom.

Ek het nog nooit so alleen gevoel nie.

Toe het God vir my ‘n geskenk gegee: Hy het vir my Jen gestuur. Sy het my nooit veroordeel oor my foute nie, maar het in plaas daarvan my aangemoedig om in die regte rigting te bly beweeg. Die wete dat sy by die skool sou wees, het my gehelp om voort te gaan om my skrifture te lees en om my getuienis te koester. Teen die tyd wat ek gematrikuleer het, het ek aan myself bewys dat ek vasberade was om te verander.

Ek wonder somtyds waar ek vandag sou wees as Jen nie uitgeryk het na my nie. Sou ek my beginsels kon leef sonder haar? Gelukkig, sal ek nooit weet nie want sy was daar met haar hele hart, reg en gewillig om my te help.