2013
Die Goddelike Missie van Jesus Christus: Skepper
Oktober 2013


Vroue Besoek Boodskap, october 2013

Die Goddelike Missie van Jesus Christus: Skepper

Bestudeer die materiaal biddend en, soos van toepassing, bespreek dit met die susters wat jy besoek. Gebruik die vrae om jou te help om jou susters te versterk en om die Verligtings Vereniging ‘n aktiewe deel van jou lewe te maak. Vir meer informasie, gaan na reliefsociety.lds.org

Geloof, Familie, Verligting

Jesus Christus “het die hemele en die aarde geskape” (3 Nefi 9:15). Hy het dit gedoen deur die krag van die Priesterskap onder die leiding van ons Hemelse Vader (sien Moses 1:33).

“Hoe dankbaar moet ons nie wees dat ‘n wyse Skepper ‘n aarde geskape het en ons hier geplaas het,” het President Thomas S. Monson gesê, “… sodat ons ‘n toets periode kan ervaar, ‘n geleentheid om ons self te bewys om te kwalifiseer vir alles wat God vir ons voorberei het om te ontvang.”1 Wanneer ons ons vryheid om te kies gebruik om God se gebooie te gehoorsaam en om te bekeer, word ons waardig om terug te keer en by Hom te leef.

Aangaande die Skepping, het President Dieter F. Uchtdorf, Tweede Kanselier in die Eerste Presidentskap, gesê:

“Ons is die rede hoekom Hy die heelal geskape het! …

“Dit is ‘n paradoks van die mensdom: in vergelyking met God, is die mensdom niks, maar tog is ons alles vir God.”2 Die wete dat Jesus Christus die aarde geskep het omdat ons alles beteken vir ons Hemelse Vader kan ons help om ons liedfe vir Hulle te vergroot.

Uit die Skrifture

Johannes 1:3; Hebreërs 1:1–2; Mosia 3:8; Moses 1:30–33, 35–39; Abraham 3:24–25

Uit Ons Geskiedenis

Ons is geskape in God se beeld (sien Moses 2:26–27), en ons het goddelike potensiaal. Die Profeet Joseph Smith het die susters van die Verligtings Vereniging vermaan om te “lewe volgens [hul] voorreg.”3 Met die aanmoediging as ‘n fondasie, is susters in Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae geleer om te lewe volgens hulle goddelike potensiaal deur God se doelwitte vir hulle te vervul. “Soos hulle begin om te verstaan wie hulle werklik is—God se dogters, met ‘n ingebore kapasitiet om lief te hê en te versorg—bereik hulle hul potensiaal as heilige vroue.”4

“Jy is nou in ‘n situasie geplaas waar jy kan optree volgens die simpatie wat God in jou boesem geplant het” het die Profeet Joseph Smith gesê. “As jy volgens hierdie wonderlike en glorieryke beginsels leef!—as jy volgens jou voorreg leef, kan die engele nie gestop word om jou vennoot te wees nie.”5

Notas

  1. Thomas S. Monson, “ Die Wedloop van die Lewe,” Liahona, Mei 2012, 91.

  2. Dieter F. Uchtdorf, “Jy maak vir Hom saak,” Liahona, Nov. 2011, 20.

  3. Joseph Smith, in Dogters in My Koninkryk: Die Geskiedenis en Werk van die Verligtings Vereniging (2011), 171.

  4. Dogters in My Koninkryk, 171.

  5. Joseph Smith, in Dogters in My Koninkryk, 169.

Wat Kan Ek Doen?

  1. Hoe vergroot dit ons liefde vir die Verlosser om ons goddelike natuur te verstaan?

  2. Hoe kan ons ons dankbaarheid vir God se skeppings wys?