2013
Ons Verantwoordelikheid om te Red
Oktober 2013


Eerste Presidentskap Boodskap, october 2013

Ons Verantwoordelikheid om te Red

Beeld
President Thomas S. Monson

Vir Heiliges van die Laaste-dae, is die behoefte om ons broeders en susters te red, wat vir een of ander rede weggedwaal het van die pad van Kerk aktiwiteit, van ewige belang. Weet ons van mense wat eens op ʼn tyd die evangelie omhels het? As ons van iemand weet, wat is ons verantwoordelikheid om hulle te red?

Dink aan die verdwaaldes onder ons ou mense, weduwees en die siekes. Te dikwels vind hulle hulself in die dorre en verlate wildernes van isolasie, wat eensaamheid genoem word. Wanneer jeug verdwyn, wanneer gesondheid agteruit gaan, wanneer krag afneem, wanneer die lig van hoop dof flikker, kan hulle gehelp en onderhou word deur ‘n hand wat help en die hart wat deernis ken.

Daar is natuurlik ander wat redding nodig het. Sommiges sukkel met sonde, terwyl ander rond wandel in vrees, apatie of onkunde. Om watter rede ook al, het hulle hulself geïsoleer van Kerk aktiwiteit. Hulle sal amper sekerlik verlore bly tensy daar in ons, die aktiewe lede van die kerk, ‘n begeerte ontwaak om te verlos en te bewaar.

Iemand om die Weg te Wys.

‘n Geruime tyd gelede het ek ‘n brief ontvang van ‘n man wat weg gedwaal het van die Kerk. Dit is kenmerkend van te veel van ons lede. Nadat hy beskryf het hoe hy onaktief geword het, skryf hy:

“Ek het so baie gehad, maar nou het ek so min. Ek is ongelukkig en dit voel asof ek in alles misluk. Die evangelie het nooit my hart verlaat nie, al het dit my lewe verlaat. Ek vra vir jou gebede.”

“Moet asseblief nie ons wat hier buite is vergeet nie—die verlore Laaste-dae heiliges. Ek weet waar die Kerk is, maar somtyds dink ek dat ek iemand anders nodig het om die pad vir my te wys, om my aan te moedig, my vrees weg te vat, en aan my te getuig.”

Terwyl ek hierdie brief gelees het, het ek terug gedink aan ‘n besoek wat ek gemaak het aan een van die groot kuns galerye van die wêreld—die befaamde Victoria en Albert Museum in London, Engeland. Daar, pragtig geraam, is ‘n meesterstuk wat in 1831 deur Joseph Mallord William Turner geverf is. Die skildery bevat swaar-gelaaide swart wolke en die woede van ‘n onstuimige see met die belofte van gevaar en dood. ‘n Lig van ‘n gestrandte vaartuig glimmer in die verte. In die voorgrond, geteister deur hoë inkomende golwe van skuimende water, is ‘n groot reddingsboot. Die manne trek kragtig aan die roeispane soos die reddingsboot deur die storm vaar. Op die strand staan ‘n vrou met twee kinders, nat van die reën en geslaan deur die wind. Hulle staar anstig in die rigting van die see. In my gedagtes het ek die naam van die skildery afgekort. Vir my was dit Tot die Redding.1

Tussen die storms van die lewe, skuil gevaar. Mans en vroue, seuns en meisies vind hulself gestrand en staar vernietiging in die gesig. Wie sal die reddingbote lei, wie sal die gemak van huis en familie agter laat, en tot die redding gaan?

Ons taak is nie onoorkomelik nie. Ons het ons opdrag van die Here; ons is geregtig op Sy hulp.

Gedurende die Meester se bediening, het Hy vissermanne van Galilea geroep om hul nette te los en Hom te volg, en het verklaar,” Ek sal julle vissers van mense maak.”2 Mag ons by die geledere van die vissers van mans en vroue aansluit, sodat ons wat ook al hulp ons kan, sal voorsien.

Ons het die plig om uit te reik en diegene wat die veiligheid van aktiwiteit verlaat het te red, sodat hulle na die tafel van die Here gebring kan word om op Sy woord te fees, om die kameraadskap van Sy Gees te geniet, en so is hulle “nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God.”3

Die Beginsel van Liefde

Ek het gevind dat daar grootliks twee fundamentele redes is vir ‘n terugkeer na aktiwiteit en ‘n verandering in houdings, gewoontes, en aksies. Eerstens, individuë keer terug omdat iemand vir hulle hul ewige moontlikhede gewys het en hulle gehelp het om die besluit te neem om dit te bereik. Die minder aktiewe lede kan nie vir lank gelukkig wees met middelmatigheid wanneer hulle sien dat uitnemendheid binne hulle bereik is nie.

Tweedens, ander keer terug omdat geliefdes of “medeburgers van die heiliges” die vermaning van die Redder gevolg het, wie hulle naaste lief het soos hulself,4 en wat ander gehelp het om hul drome te vervul en hulle ambisies ‘n realitiet te maak.

Die katalisator in die proses was nog altyd —en sal altyd— die beginsel van liefde wees.

In ‘n ware sin van die woord, die persone wat gestrand is in die storm-geteisterde see in Turner se skildery, is soos baie van ons minder aktiewe lede wat wag om gered te word deur diegene wat die reddingsbote lei. Hul harte smag na hulp. Moeders en vaders bid vir hul seuns en dogters. Vroue smeek die hemele dat hulle mans bereik sal word. Soms bid kinders vir hul ouers.

Dit is my gebed dat ons die begeerte sal hê om die minder aktiewe lede te red en hulle terug te bring na die vreugde van die evangelie van Jesus Christus, dat hulle saam met ons kan deel in alles wat volle lidmaatskap kan bied.

Mag ons uitreik om die wat verlore om ons is, te red: die bejaardes, die weduwee, die siekes, diegene met gestremdhede, die minder aktiewe, en die wat nie die gebooie gehoorsaam nie. Mag ons die hand van hulp en die hart wat weet wat deernis is uitreik na hulle. Deur dit te doen, sal ons vreugde na hul harte bring, en ons sal die ryk bevrediging ervaar wat kom wanneer ons ander help op die pad na ewige lewe.

Onderig uit Hierdie Boodskap

Dink daaraan om die mense wie jy besoek te vra of hulle enige iemand ken wat sukkel om kerk by te woon. Jy kan een persoon kies en maniere bespreek hoe liefde betoon kan word, soos om hom of haar uit te nooi om deel te neem in ‘n familie aand of om oor te kom vir ‘n ete.