2014
Die Goddelike Missie van Jesus Christus: Advokaat
Julie 2014


Vroue Besoek Boodskap, Julie 2014.

Die Goddelike Missie van Jesus Christus: Advokaat

Studeer hierdie materiaal, met gebed, om te weet wat om te deel. Hoe sal ‘n begrip van die lewe en missie van die Verlosser jou geloof in Hom vermeerder en diegene seën oor wie jy waak, deur vroue besoek? Vir meer inligting, gaan na reliefsociety.lds.org

Geloof, Familie, Verligting

Jesus Christus is ons Advokaat met die Vader. Die woord advokaat het ‘n Latynse oorsprong wat beteken “een wie vir ‘n ander pleit.”1 Die Verlosser pleit vir ons deur insig, geregtigheid en genade te gebruik. Hierdie kennis kan ons met liefde en dankbaarheid, vir Sy Versoening, vul.

“Luister na [Jesus Christus] wat die Voorspraak (advokaat) is by die Vader, wat julle saak voor Hom verdedig—

“En sê: Vader aanskou die lyding en dood van Hom wat geen sonde gedoen het nie, in wie U ‘n welbehae gehad het; aanskou die bloed van U Seun wat gestort is, die bloed van Hom wat U gegee het, sodat U self verheerlik mag word;

“Spaar daarom hierdie my broeders van My wat in U Naam glo, sodat hulle na My mag kom en die ewige lewe mag hê” (L&V 45:3–5).

Ouderling D. Todd Christofferson van die Kworum van die Twaalf Apostels het van Christus as ons Advokaat gepraat toe hy gesê het: “Dit is van groot belang vir my, dat ek op enige oomblik en onder enige omstandighede, deur gebed, die troon van genade mag nader, dat my Hemelse Vader my petisie sal hoor, dat my Advokaat, Hy wie nooit gesondig het nie, wie se bloed gestort is, my saak vir my sal pleit.”2

Uit die Skrifture

Mosia 15:8–9; Moroni 7:28; Leer en Verbonde 29:5; 110:4

Uit Ons Geskiedenis

Deur die hele geskiedenis van die Here se Kerk, het vroue dissipels van Jesus Christus, Sy voorbeeld gevolg. Ester was ‘n gelowige en dapper advokaat. Haar neef, Mordekai het aan haar ‘n afskrif van die koning se edik gestuur, waarin die Jode vernietig sou word, en aan haar die opdrag gegee om “voor [die koning] vir haar mense te pleit.” Hy het bygevoeg: “En wie weet, of jy na die koninkryk gekom het, vir so ‘n tyd soos hierdie?” (Ester 4:8, 14.)

Ten spyte van die gevare, het Ester ingestem om ‘n advokaat vir haar mense te wees: “So sal ek na die koning ingaan, wat nie volgens die wet is nie: en indien ek omkom, dan kom ek om” (Ester 4:16).

Ester het toe in nederigheid met die koning gespreek en “voor sy voete neergeval en geween en hom gesmeek … om die briewe met die plan … om die Jode uit te roei, te herroep.” Sy het bygevoeg, “Hoe sou ek kan aansien die onheil wat my volk sal tref?” (sien Ester 8:3, 5–6). Die koning se hart is versag en hy het haar petisie gegun.3

Notas

  1. Sien Russell M. Nelson, “Jesus Christus—Ons Meester en Meer” (Brigham Young Universiteit kaggelaand, Feb. 2, 1992), 4; speeches.byu.edu.

  2. D. Todd Christofferson, “Ek Weet in Wie Ek Vertroue Het,” Ensign, Mei 1993, 83.

  3. Sien Dogters in My Koninkryk: Die Geskiedenis en Werk van die Vroue Vereniging (2011), 180.

Ter Oorweging

Hoe kan die advokaatskap van Jesus Christus, ons inspireer om genade en vergifnis aan andere te bied?