2014
Die Belofte van Gedraaide Harte
Julie 2014


Eerste Presidentskap Boodskap, Julie 2014

Die Belofte van Gedraaide Harte

Beeld
President Henry B. Eyring

My moeder, Mildred Bennion Eyring, het in die landelike gemeenskap van Granger, Utah, VSA, groot geword. Een van haar broers, Roy, het in die familie besigheid van skaapboerdery, ingegaan. As ‘n jong man, het hy baie weke ver van die huis af deurgebring. Mettertyd het hy belangstelling in die Kerk verloor. Hy het uiteindelik na Idaho, VSA, getrek, getrou en drie kinders gehad. Hy het op die ouderdom van 34 gesterf, terwyl sy vrou slegs 28 jaar oud was, en sy kinders nog baie klein was.

Alhoewel Roy se klein familie in Idaho gewoon het, en my moeder omtrent 2,500 myl (4, 025 km) weg na New Jersey VSA, getrek het, het sy vir hulle gereeld briewe van liefde en aanmoediging gestuur. My oom se familie het met teernis na my moeder as “Tannie Mid” verwys.

Jare het verby gegaan en eendag het ek ‘n oproep van een van my nefies ontvang. Ek is aangesê dat Roy se weduwee gesterf het. My nefie het gesê, “Tannie Mid, sou wou weet.” Tannie Mid is toe reeds lang jare oorlede, maar die familie het steeds haar liefde vir hulle aangevoel en het na my uitgereik om hierdie nuus met my te deel.

Ek het opgemerk hoe baie my moeder ‘n soortgelyke rol in haar familie gevul het, soos die Nefietiese profete in hulle families gevul het, deur na aan hulle geliefdes te bly, wie hulle na die evangelie van Jesus Christus wou bring. Nefie het ‘n verslag geskryf wat hy gehoop het, die kinders van sy broers sou beinvloed om na die geloof van die patriarg, Lehi, terug te keer. Die seuns van Mosia het daardie selfde liefde getoon, soos wat hulle die evangelie aan die afstammelinge van Lehi gepreek het.

Die Here het ‘n manier voorberei, waardeur ons liefde vir ons families, verewig kan verduur. Jong mense in die Kerk, voel hoe hulle harte vandag na hulle families toe draai. Hulle is opsoek na name van familie lede wie nie die geleentheid gehad het om die reddende ordinansies in hierdie lewe te ontvang nie. Hulle neem daardie name tempel toe. Wanneer hulle die doop waters ingaan, het hulle die geleentheid om die liefde van die Here en van die familie lede, namens wie hulle die verordeninge doen, aan te voel.

Ek kan steeds die liefde in die stem van my nefie hoor, wie my geskakel het om te sê, “Ons moeder is oorlede en Tannie Mid sou wou weet.”

Diegene wie verordeninge namens familie lede doen, is besig om in liefde uit te reik, net soos die seuns van Mosia en die profeet Nefi gedoen het. Soos hulle, sal julle vreugde voel vir diegene, wie julle offerande aanvaar. Julle kan ook verwag om dieselfde tevredenheid te voel as wat Ammon gehad het, wie van sy sending tussen ver langse familie lede, gesê het:

“Daarom, laat ons roem, ja, ons sal roem in die Here; ja, ons sal ons verjeug, want ons vreugde is vol; ja, ons sal ons God prys vir ewig. Kyk, wie kan te veel roem in die Here? Ja, wie kan te veel sê van sy groot krag, en van sy genade, en van sy lankmoedigheid teenoor die kinders van mense? Kyk, ek sê aan julle, ek kan nie die kleinste deel beskryf van wat ek voel nie” (Alma 26:16).

Ek getuig dat die gevoelens van liefde wat julle vir julle familie lede het – waarook al hulle mag wees – ‘n vervulling is van die belofte, dat Elia weer sal kom. Hy het gekom. Kinders se harte is besig om na hulle vaders te draai, en vaders se harte is besig om na hulle kinders te draai (sien Maleagi 4:5–6; Joseph Smith—Geskiedenis 1:38–39). Wanneer jy die begeerte voel om die name van jou voorouers te vind en daardie name na die tempel te neem, is jy besig om die vervulling van daardie belofte te ondervind.

Dit is ‘n seёning om in die tyd te leef, waar die belofte van gedraaide harte, besig is om vervul te word. Mildred Bennion Eyring het daardie begeerte in haar hart gevoel. Sy was lief vir haar broer se familie, en sy het na hulle uitgereik. Hulle het gevoel hoe hulle harte, in liefde na Tannie Mid toe gedraai het, omdat hulle geweet het dat sy hulle lief gehad het.

Leringe uit Hierdie Boodskap

Jy mag dalk die profesiё, aangaande die gees van Elia, saam met diegene wie jy besoek, wil lees (sien Maleagi 4:5–6; Joseph Smith—Geskiedenis 1:38–39). Bespreek maniere waarop jy betrokke kan raak met familie geskiedenis, insluitende indeksering, fotografie en “blogging.” Indien diegene wie jy besoek nie bekend is met FamilySearch.org, oorweeg dit om tyd te neem en dit aan hulle te wys.