2014
Hoe Ek My Ouma Beter Leer Ken Het
Julie 2014


Jeug

Hoe Ek My Ouma Beter Leer Ken Het

Die skrywer woon nou in Virginia, VSA.

Vir een van my Jong Vroue projekte, het ek aangebied om my ouma te help om haar voorouers op te spoor, ons het deur baie mikrofilms gegaan, by die familie geskiedenis sentrum in Mesa, Arizona, VSA. Terwyl ons langs mekaar gesit het en na ons familielede gesoek het, het ek begin wonder: “Weet ek werklik veel oor my ouma, wie hier reg langs my sit?”

Ons het baie familie lede gevind, hulle inligting voorberei en dit na die Mesa Arizona tempel geneem om die dope en bevestigings daar te doen. Nie lank hierna, het my ouma vir my ‘n bundel gegee, wat haar volledige verslag van haar familie geskiedenis, bevat het.

Omdat sy rumatiese artritis het, is dit baie pynlik vir my ouma om te tik. Ek geniet dit om haar op die rekenaar te help. Saam skryf ons die stories uit haar lewe neer, sodat dit ons familie, geestelike mag baat. Ek geniet dit om deel van haar lewe te wees en om so baie oor Kerk geskiedenis te leer, terwyl ons saam aan hierdie projekte werk.