2014
Vul die Wêreld met Christus se Liefde
Desember 2014


Eerste Presidentskap Boodskap, Desember 2014

Vul die Wêreld met Christus se Liefde

Wanneer ons aan Kêrsfeёs dink, dink ons dikwels aan die gee en ontvang van geskenke. Geskenke kan deel uitmaak van gekoesterde tradisies, maar hulle kan ons ook weglei van die eenvoudige waardigheid van die seisoen en ons verhoed om die geboorte van die Verlosser op ‘n betekkenisvolle manier te vier.

Ek weet van persoonlike ervaring dat die mees onvergeetlikste Kêrsfeёs, soms die mees nederigste is. Die geskenke van my kinderjare, was beslis baie beskeie, teen vandag se standaarde. Ek het soms ‘n gelapte hemp of ‘n paar handskoene of sokkies ontvang. Ek onthou een spesiale Kêrsfeёs, toe my broer vir my ‘n hout mes gegee het, wat hy self gekerf het.

Dit is nie nodig om duur geskenke te gee, om ‘n betekenisvolle Kêrsfeёs te hê nie. Ek onthou ‘n storie wat deur Ouderling Glen L. Rudd vertel is, hy het as ‘n lid van die Sewintigs gedien vanaf 1987 tot 1992. Een dag net voor Kêrsfeёs, ‘n paar jaar van te vore, terwyl hy besig was om ‘n Biskop se stoorkamer te bestuur, het hy by ‘n leraar gehoor van ‘n familie in nood, wie onlangs na hulle stad toe getrek het. Toe hy hulle klein woonstelletjie besoek het, het hy ‘n jong enkel moeder met vier kinders onder die ouderdom van 10 jaar, gevind.

Die familie se nood was so groot, dat die moeder nie eers geskenkies of ietsie lekkers vir haar kinders vir daardie Kêrsfeёs kon koop nie – sy kon nie eers ‘n Kêrsboom bekostig nie. Broer Rudd het met die familie gesels en uitgevind dat die drie klein dogtertjies graag ‘n pop of ‘n opgestopte diertjie wou hê. Toe hy die sesjarige seun vra, wat hy wil hê, het die honger seuntjie gesê: “Ek sou graag ‘n bakkie hawermeel wil hê.”

Broer Rudd het die jong seuntjie belowe dat hy sy hawermeel sal kry en dalk nog ‘n ietsie daarby. Daarna het hy na die biskop se stoorkamer gegaan en kos en ander voorrade bymekaar gemaak, om na die familie se onmiddelike nood om te sien.

Daardie selfde oggend het ‘n vrygewige Heilige van die Laaste dae, vir hom 50 dollars gegee “vir iemand in nood” Broer Rudd het die donasie gebruik en drie van sy eie kinders geneem om Kêrs inkoppies te gaan doen – sy kinders het die geskenkies vir die kinders in nood, uitgekies.

Nadat hulle die motor gelaai het met kos, klere, geskenke, ‘n Kêrsboom en ornamente het die Rudds na die jong familie se woonstel gery. Daar het hulle die ma en haar kinders gehelp om die boom op te stel. Daarna het hulle die geskenke onder die boom geplaas en ‘n groot boks hawermeel vir die klein seuntjie gegee.

Die moeder het gehuil, die kinders het gejuig en hulle het almal saam ‘n Kêrsliedjie gesing. Daardie aand, toe die Rudd gesin bymekaar gekom het vir aandete, het hulle dankie gesê dat hulle ‘n bietjie Kêrs vreugde aan ‘n ander gesin kon bring, en dat hulle ‘n jong seun kon help om ‘n bakkie hawermeel te kry.1

Christus en die Gees van Vrygewigheid

Dink aan die eenvoudige tog waardige wyse waarop ons Hemelse Vader, Sy Seun se geboorte geёer het. Op daardie heilige nag het engele nie aan die rykes verskyn nie, maar aan die herders. Die Christus kind is nie in ‘n paleis gebore nie, maar in ‘n stal. Hy is nie in satyn toegedraai nie, maar in handgemaakte doeke.

Die eenvoud van daardie eerste Kêrsfeёs, het die Verlosser se lewe weerspieёl. Alhoewel hy die aarde geskep het en in koninkryke van majesteit en glorie gewandel het, en aan die regterhand van die Vader gestaan het, het Hy tog na die aarde gekom as ‘n hulpelose kindjie. Sy lewe was ‘n model van beskeie nobiliteit en het Hy tussen die armes, die siekes, die verstote en die swaar belastes, gewandel.

Alhoewel Hy ‘n Koning was, het hy nie omgegee vir die eer of die rykdomme van mense nie. Sy lewe, Sy woorde en Sy daaglikse aktiwiteite, was monumente van eenvoudige, tog diepgaande waardigheid.

Jesus die Christus, wie met presiesheid geweet het hoe om te gee, het aan ons die patroon gestel, van hoe om vrygewig te wees. Aan diegene wie se harte swaar is met eensaamheid en verdriet, bring Hy menseliefde en vertroosting. Aan diegene wie in liggaam en verstand bedruk is met siekte of leiding, bring Hy liefde en genesing. Aan diegene wie se siel, swaar belas is met sonde, bied Hy hoop, vergifnis en verlossing.

Indien die Verlosser vandag hier tussen ons sou wees, sou ons Hom vind, waar Hy altyd was – besig om die sagmoediges, die verstote, die nederiges, die bedroefdes en die armes van gees, te bedien. Gedurende hierdie Kêrs seisoen en altyd, mag ons aan Hom, ons liefde aan andere gee, soos Hy Sy liefde sou gee. Mag ons die nederige waardigheid van Sy geboorte , Sy gawes en Sy lewe onthou. En mag ons, deur eenvoudige dade van goedheid, naasteliefde en sagmoedigheid, die wêreld met die lig van Sy liefde en genesings krag, vul.

Nota

  1. Sien Glen L. Rudd, Suiwer Godsdiens: Die Storie van die Kerk Welsyns Program sedert 1930 (1995), 352–53; sien ook Glen L. Rudd, “’n Bakkie Hawermeel,” Kerk Nuus, Des. 2, 2006, 16.

Onderrig uit Hierdie Boodskap

President Uchtdorf leer dat ons die Verlosser se patroon van vrygewigheid moet volg. Oorweeg dit om diegene wie jy besoek te vra om beurte te neem om ‘n gawe op te noem, wat die Verlosser aan hulle geskenk her, en bespreek dan hoe hulle daardie gawe kan gebruik om andere te dien. Byvoorbeeld, indien ‘n lid geseёn is met musikale opleiding, kan hy of sy saam met bure gaan om kêrsliedere te sing. Jy kan aanbied om saam met diegene wie julle besoek, te kniel in gebed, om te vra vir inspirasie oor watter gawes om te deel, hoe om hulle te deel en met wie om dit te deel. Volg op, met enige inspirasie wat jy ontvang.