2014
Die Goddelike Missie van Jesus Christus: Prins van Vrede
Desember 2014


Vroue Besoek Boodskap, Desember 2014

Die Goddelike Missie van Jesus Christus: Prins van Vrede

Met gebed, bestudeer hierdie materiaal en vra om te weet wat om te deel. Hoe sal ‘n begrip van die lewe en missie van die Verlosser jou geloof in Hom vermeerder en diegene seën oor wie jy as vroue besoeker, waak? Vir meer inligting, gaan na reliefsociety.lds.org

Geloof, Familie, Verligting

Ouderling Quentin L. Cook van die Kworum van die Twaalf Apostels het gesê: “Die Verlosser is die bron van ware vrede,” “Vanweё die Verlosser se Versoening en sy genade, sal geregtigheid, ten spyte van die beproewinge van die lewe, steeds met persoonlike vrede, beloon word.1 Om te verstaan dat Jesus Christus die Prins van Vrede is, kan ons help om innerlike vrede te vind en sal ons geloof in Hom vermeerder.

Jesus Christus het gesê: “Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in my vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê: maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin” (Johannes 16:33). Linda S. Reeves, tweede raadgewer in die Vroue Vereniging algemene presidentskap het gesê: “Die Here is genadig gewees teenoor my en het gehelp om my laste lig te maak. Hy het my gehelp om groter vrede aan te voel.”2

Ouderling Richard G. Scott van die Kworum van die Twaalf Apostels het geleer: “Die ideale plek vir … vrede is binne die mure van ons eie huise, waar ons alles in ons vermoё gedoen het, om Jesus Christus die middelpunt van ons lewens te maak.3

Addisionele Skrifgedeeltes

Jesaja 9:6; Lukas 2:14; Johannes 14:27; 1 Nefi 13:37; Leer en Verbonde 59:23

Uit die Skrifture

Jesaja het van die geboorte van Jesus Christus geprofeteer, die Prins van Vrede (sien Jesaja 9:6). In die Amerikas, het Samuel die Lamaniet, van die tekens vertel wat vyf jaar later tydens Christus se geboorte sou plaas vind (sien Helaman 14:3, 5). Soos wat die profetiese dag nader gekom het, het ongelowiges gedreig om al die volgelinge van Christus dood te maak, indien die tekens nie verskyn nie. Die profeet Nefi het “magtig tot die Here geroep, daardie hele dag; en kyk die stem van die Here het tot hom gekom en gesê: … more kom Ek in die wêreld “(3 Nefi 1:12–13). Die tekens het verskyn en met die geboorte van Christus het “die volk weer begin om vrede te hê in die land” (vers 23).

In Betlehem, het Maria “haar eersgebore Seun gebaar, en Hom toegedraai in doeke en Hom in die krip neergelê” (Lukas 2:7).

Notas

  1. Quentin L. Cook, “Persoonlike Vrede: Die Beloning van Geregtigheid,” Liahona, Mei 2013, 35.

  2. Linda S. Reeves, “Maak Aanspraak op die Seёninge van Jou Verbonde,” Liahona, Nov. 2013, 120.

  3. Richard G. Scott, “Vir Vrede In die Huis,” Liahona, Mei 2013, 29.

Ter Oorweging

Op watter wyse bring die Verlosser, vrede in jou lewe?