2015
Goddelike Eienskappe van Jesus Christus Ontferming en Teerheid
Desember 2015


Vroue Besoek boodskap, Desember 2015

Goddelike Eienskappe van Jesus Christus Ontferming en Teerheid

Met gebed, bestudeer hierdie materiaal en vra om te weet wat om te deel. Hoe sal ʼn begrip van die lewe en missie van die Verlosser jou geloof in Hom vermeerder en diegene seën oor wie jy as vroue besoeker, waak? Vir meer inligting, gaan na reliefsociety.lds.org

Beeld
Vroue Vereniging seël

Geloof, Familie, Verligting

“In die geskrifte, beteken ontferming, letterlik ‘om saam te ly.’ Dit beteken ook om simpatie, en medelye en genade vir ’n ander persoon te voel.”1

“Jesus het aan ons vele voorbeelde van ontferming en medelye gegee,” het President Thomas S. Monson gesê. “Die verlamde man by die poel van Betesda; die vrou wat in egbreek geneem is; die vrou by Jakob se put; die dogter van Jarius; Lasarus,broer van Maria en Martha—elkeen stel ’n beseerde op die Jerigo pad, voor. Elkeen opsoek na hulp.

“Aan die verlamde by Betesda, het Jesus gesê, ‘Staan, neem op jou bed, en loop.’ Aan die sondige vrou het gekom die raad, ‘Gaan en sondig nie meer.’ Om haar te help, wie water kom skep het, het Hy ’n put water verskaf, ‘wat opspring tot die ewige lewe.’ Aan die dooie dogter van Jarius kom die bevel, ‘Dogter, Ek sê aan jou, staan op.’ Aan Lasarus in die grafkelder, ‘Kom voort.’

“Die Verlosser het nog altyd ’n onbeperkte kapasiteit vir ontferming getoon. … Laat ons die deur van ons hart oopmaak, sodat Hy—die lewende voorbeeld van ware ontferming—mag inkom.”2

Addisionele Skrifgedeeltes

Psalm 145:8; Sagaria 7:9; 1 Petrus 3:8; 3 Nefi 17:5-7; Mosia 15:1, 9

Uit die Geskrifte

Linda S. Reeves, tweede raadgewer in die algemene presidentskap van die Vroue Vereniging het gesё: “My man en ek het by die bed van ons 17 jarige dogter gekniel, en vir haar lewe gepleit.” “Die antwoord was nee, maar … ons het tot die besef gekom … dat … [die Verlosser] hom oor ons ontferm in ons smart.”3

“Een van my gunsteling stories van uit die Verlosser se lewe, is die storie van Lasarus. Die geskrifte vertel ons dat ‘Jesus Martha, … haar suster [Maria], en [hul broer] Lasarus, lief gehad het.’”4 Toe Lasarus siek geword het, is ’n boodskap aan Jesus gestuur, maar toe Hy by hulle kom, is Lasarus reeds dood. Maria het na Jesus gehardloop en voor Sy voete geval, en gehuil. Toe Jesus Maria sien huil, “het Hy geweldig bewoe geword in sy gees, en … geween”(Johannes 11:33, 35).

“Dit is ons plig. Ons moet vir onsself voel en sien en dan al Hemelse Vader se kinders help om te voel en te sien en dan te weet, dat ons Verlosser, nie net al ons sondes nie, maar ook al ons pyn en leiding en beproewinge op homself geneem het, sodat Hy kon weet hoe ons voel en hoe om ons te vertroos.”5

Notas

  1. Gids tot die Geskrifte, “Ontferming.”

  2. Thomas S. Monson, “Die Gawe van Ontferming,” Liahona, Maart 2007,4–5, 8.

  3. Linda S. Reeves, “Die Here Het Jou Nie Vergeet Nie,” Ensign of Liahona, Nov. 2012, 120.

  4. Linda S. Reeves, “Die Here Het Jou Nie Vergeet Nie,” Ensign of Liahona, Nov. 2012, 118.

  5. Linda S. Reeves, “Die Here Het Jou Nie Vergeet Nie,” Ensign of Liahona, Nov. 2012, 120.

Ter Oorweeging

Wie kan deur jou ontferming gesëen word?