2015
Maak Tyd vir die Verlosser
Desember 2015


Eerste Presidentskap Boodskap, Desember 2015

Maak Tyd vir die Verlosser

Weereens is die Kêrsfees seisoen hier, en saam met dit, die begin van ’n nuwe jaar. Dit voel asof ons net gister besig was om die Verlosser se geboorte te vier en om nuwe jaars doele, te stel.

As deel van ons doele vir hierdie jaar, het ons besluit om tyd te maak in ons lewe en spasie in ons hart, vir die Verlosser? Maak nie saak hoe suksesvol ons reeds sover was nie, ek is seker, met so ’n besluit, sou ons almal veel beter gevaar het. Hierdie Kêrsfees seisoen, is die perfekte tyd om ons doele te hersien en onsself weer tot hulle, toe te wei.

In ons besige lewens, met soveel ander dinge wat vir ons aandag kompiteer, is dit noodsaaklik dat ons ’n bewustelike, bepaalde besluit neem om Christus in ons lewens en in ons huise, in te bring. En dit is van grootste belang dat ons, soos die Wyse Manne vanuit die Ooste, ons fokus op Sy stêr rig en “kom om Hom te aanbid.”1

Deur die generasies van tyd, is Jesus se boodskap steeds dieselfde. Aan Petrus en Andreas aan die kus van Galilea, het Hy gesê, “Volg my.”2 Aan Filipus het die oproep gekom, “Volg My.”3 Aan die Leviet wie die belastings ontvang het, het die instruksie gekom, “Volg My.”4 En aan jou en aan my, indien ons net sal luister, sal dieselfde uitnodiging kom: “Volg My.”5

Soos ons vandag in Sy voetspore volg, en soos ons Sy voorbeeld naboots, sal ons die geleenthede ontvang, om die lewens van andere te seën. Jesus nooi ons uit om van onsself te gee: “Kyk, die Here vereis die hart en ’n gewillige gees.”6

Is daar iemand vir wie jy van diens kan wees, hierdie Kêrsfees? Is daar iemand wat vir ’n besoek van jou af, wag?

Jare gelede het ek ’n Kêrsfees besoek afgelê aan die huis van ’n ouer weduwee. Terwyl ek daar was, het die deurklokkie gelui. Daar by die deur het ’n baie prominente dokter gestaan. Hy is nie ontbied nie, maar eerder, gereageer op ’n aanvoeling om by ’n eensame pasient in te loer.

Gedurende hierdie seisoen, reik die harte van diegene wie, tot hulle huise beperk is, uit na ’n Kêrsfees besoek. Een Kêrsfees, terwyl ek ’n versorgings sentrum besoek het, het ek met 5 ouer dames gesels, die oudste een was 101. Sy was blind, tog het sy my stem erken.

“Biskop, jy is ’n bietjie laat hierdie jaar!” het sy gesê. “Ek het gedink jy gaan nie kom nie.”

Ons het ‘n wonderlike tyd saam geniet. Een pasient het met verlange by die venster uitgekyk, en oor en oor gesê, “Ek weet my seun sal my vandag kom sien.” Ek het gewonder of hy sou, want daar was vorige Kêrsfees seisoene gewees, waar hy haar nooit kom sien het nie.

Daar is steeds tyd hierdie jaar, om ’n helpende hand, ’n liefdevolle hart en ’n gewillige gees uit te strek - met ander woorde, om die voorbeeld te volg wat ons Verlosser gestel het, en om andere te dien, soos hy wil hé ons hulle sou dien. Soos ons Hom dien, sal ons nie ons geleentheid mis, soos die herbergier van ouds,7 om tyd vir Hom te maak in ons lewens en om plek te maak vir Hom in ons harte nie.

Kan ons die manjefieke belofte verstaan, wat bevat word in die boodskap van die engel, wat hy aan die herders in die veld gegee het: “Ek bring aan julle ’n goeie tyding van groot blydskap. … vir julle vandag … is gebore … die Saligmaker wat Christus die Here is.”8

Soos wat ons geskenke uitruil hierdie Kêrsfees, mag ons die grootste gawe van alle gawes, ontvang, onthou en waardeer -die gawe van ons Verlosser en Saligmaker, sodat ons die ewige lewe mag hé.

“Want wat baat dit ’n mens as ’n gawe aan hom geskenk word, en hy die gawe nie aanneem nie? “Kyk, hy verbly hom nie in die gawe wat aan hom gegee word nie, ook verbly hy hom nie in die gewer van die gawe nie.”9

Mag ons Hom volg, Hom dien, Hom eer en Sy gawe aan ons, in ons lewens ontvang, sodat ons, in die woorde van Vader Lehi, “ewiglik omvou mag word, in die arms van sy liefde.”10

Onderrig uit Hierdie Boodskap

President Monson vra ons om ’n “bewustelike, bepaalde besluit te neem, om Christus in ons lewens en in ons huise, in te bring.” Oorweeg om met diegene wie julle besoek, te bespreek hoe hulle hierdie bewustelike besluit as individue en as families kan maak. Jy mag dalk oorweeg om hulle te vra om aan ’n spesifieke persoon of familie te dink, wie hulle hierdie Kêrsfees kan besoek of kan dien. “Daar is steeds tyd hierdie jaar, om ’n helpende hand, ’n liefdevolle hart en ’n gewillige gees uit te strek.”