2016
Getrou aan Hul Geloof
Julie 2016


Jeug

Getrou aan Hul Geloof

President Monson vertel ʼn storie aangaande ʼn pionier familie en haal dan Ouderling George Albert Smith aan: “Sal julle getrou lewe aan die geloof van jul voorouers? … Strewe om waardig te bly aan al die opofferinge wat hulle namens julle gemaak het.” Of jy pionier voorsate het, of as jy ʼn eerste generasie lidmaat van die Kerk is, kyk jy op na ander as voorbeelde van geloof vir leiding en krag? Hier is ʼn goeie manier om te begin:

1. Maak ʼn lys van mense na wie jy opkyk. Hulle kan lede van jou familie wees (nou en in die verlede), vriende, Kerk leiers, of mense uit die skrifture.

2. Teken die kenmerke aan wat hulle besit waarvan jy hou. Is jou ma baie geduldig? Miskien is jou vriend baie liefdevol teenoor andere. Miskien hou jy van Kaptein Moroni se ridderskap.

3. Kies een van die kenmerke op jou lys en stel jouself die vraag, “Hoe kan ek hierdie kenmerk verwerf? Wat moet ek doen om dit in my lewe aan te kweek?”

4. Skryf jou doelwitte om hierdie kenmerk aan te kweek neer, en plaas dit op ʼn opmerklike plekkie, om jou aan jou doelwit te herinner. Bid tot Hemelse Vader vir hulp en kontroleer jou vordering gereeld. Wanneer jy voel dat jy hierdie kenmerk genoegsaam ontwikkel het, kan jy ʼn nuwe kenmerk kies om aan te werk.

Onthou deur om goeie kwaliteite in onsself aan te kweek, vereer ons nie net diegene wat ons vooraf gegaan het nie, maar ons kan ʼn goeie invloed wees in die lewe van die mense om ons.